Ghana se Nasionale Kommunikasie Outoritiet (wat telekommunikasie in die land reguleer) het die internetdiensverskaffer, InterCom Data Network (IDN), toegemaak vir di'e' se gebruik van Stemoordrag Internet Protokol (VOIP). Dit is die derde ISP wat weens die verspreiding van die tegnologie gesluit is. Die sluiting van IDN het die debat wat in Ghana rondom VOIP-tegnologie woed, verder beklemtoon.
Onder die wetgewing wat die bedryf van stemdienste in Ghana beheer, hou slegs twee vasgestelde telefoondiensverskaffers, Ghana Telecom en Westel, die eksklusiewe regte oor die land se internasionale stemkommunikasiepoort. Dit beteken dat alle inkomende en uitgaande internasionale oproepe deur hulle netwerke geroeteer moet word.
Die regering beweer die wetgewing is in plek om die twee verskaffers se aanvanklike groot beleggings te beskerm. Die ekslusiwiteitsooreenkoms verval egter in 2002. Ten spyte van die toenemende druk van datakommunikasieverskaffers bly dit egter `n ope vraag of die regering die wet sal hersien.
Kritici is van mening dat VOIP-tegnologie deesdae wyd beskikbaar is teen `n baie goedkoper tarief en dat die Ghanese op die ou einde benadeel word.
IDN is tot dusver die grootste ISP om vir VOIP-bediening gesluit te word. Twee ander kleiner diensverskaffers is in Junie toegemaak en daar is op hulle toerusting beslag gel^e.
IDN, wat in die laaste kwartaal van verlede jaar hulle handelsonderneming begin het, het `n aansienlike hoeveelheid intekenare in die Accra-Tema metropool. Hulle sluiting het groot ergenis veroorsaak by menigte intekenare toe besighede en kuberkafees op die IDN-netwerk sonder `n internetfasiliteit gelaat is.
In die week na die sluiting is die saak na die land se Kantoor vir Ernstige Bedrog gestuur en geregtelike stappe word binnekort verwag.
In `n verklaring aan die media het Ghana se Minister van Kommunikasie ges^e dat die land $9 miljoen sedert die begin van die jaar verloor het as gevolg van VOIP-bediening deur internetdiensverskaffers.

