About
Subscribe

GrapeX die plek vir Internetwynkopies

By ITWeb
Johannesburg, 31 Jul 2001

Die Suid-Afrikaanse wyntermynbeurs, GrapeX, het sy deure vir handel oopgestel. Die eerste virtuele wynbeurs w^ereldwyd sal kopers in staat stel om wyn regstreeks van verskeie Suid-Afrikaanse wynlandgoede te koop voordat dit bele"enheid bereik.

"GrapeX kan die huidige geldlenermark die loef afsteek deur 'n goedkoper, meer stabiele finansieringsmiddel te verskaf," s^e GrapeX se uitvoerende hoof, Daniel Seidman. "Die vervaardiger verkoop in werklikheid hul onverwesenlike bates vir die onmiddellike betaling in kontant. Dit skep `n veilige lening vir wynplase wat terugbetaal word in die fisiese lewering van die wyn."

Die maatskappy s^e klante sal voordeel trek uit goedkoper, seldsame wyne en uit die vermo"e om geld uit die beurs te maak deur termynware met ander GrapeX-gebruikers te verhandel.

GrapeX beoog om sy stelsel na ander ontwikkelende lande oorsee met 'n goeie wynreputasie, soos byvoorbeeld Chile, uit te brei. "Ons wil die Spanjaarde, Italianers en Franse wys wat hier aangaan," s^e Seidman. Die maatskappy ondersoek ook die notering van ander produkte, soos port.

Wynlandgoede wat reeds aan boord is, sluit in De Villiers Reserve, Bernheim Wines, Naledi, Sejana, Longridge, Spier Private Collection, Bay View en Savanha.

Darling Cellars, Hamilton Russell, Kanonkop, Meerlust, Ken Forrester, en ander landgoede is in gesprek met GrapeX.

Eksterne skakel:
www.thegrapexchange.com

Share