Nuwe data uit die VSA dui daarop dat die Internet se rol in voertuigbemarking skerp toegeneem het, maar daar is gevaartekens dat die groeikoers gaan afneem.
Volgens die JD Power & Associates 2000 New Autoshopper.com studie, gebruik meer as die helfte (54%) van alle nuwemotor-kopers in die VSA die Internet as hulpmiddel. Dis is `n styging van 1999 se 40%. Die hoofrede hoekom mense die Internet vir die doel gebruik, is om prysverwante inligting op te spoor vir wanneer hulle met handelaars onderhandel.
"Hoewel die gebruik van die Internet vir motoraankope eksponensiaal gegroei het, verwag ons dat die groeikoers beduidend sal afneem oor die volgende paar jaar," s^e Chris Denove, `n vennoot by JD Power & Associates. "Deel daarvan is dat omtrent alle nuwemotor-kopers reeds toegang tot die Internet het. Om die groei vol te hou sal die industrie die inhoud van Webtuistes moet verbeter, sodat die draadsitters wat toegang het, maar verkies om nie die Internet vir hulle motoraankope te gebruik nie, gelok word."
Kelley Blue Book (KBB.com) (`n Amerikaanse voertuigprysgids wat in gedrukte formaat en aanlyn beskikbaar is) is volgens die studie steeds die tuiste wat die meeste besoek word deur kopers opsoek na inligting. Meer as `n vierde van alle nuwemotor-kopers het die KBB.com-tuiste besoek. Die vinnigste groei is egter te sien waar kopers verder as blote navorsing gegaan het en `n motor deur `n aanlyndiens gekoop het.
Vanjaar is meer as 4.7% van alle voertuie aanlyn gekoop ( `n toename van die 2.7% wat in 1999 so verkoop is. Van al die koopdienste is Autobytel.com die gewildste en is tans verantwoordelik vir meer as 1% van alle nuwemotor-verkope in die VSA. Die volgende grootste aanlynkoopdienste in terme van nuwemotor-verkope is onderskeidelik Microsoft CarPoint en CarsDirect.com.
"`n Baie interessante bevinding is dat die mense wat aanlyndienste gebruik, diegene is wat dit die minste nodig het," onthul Denove. "Die kopers is geneig om goed ingeligte, aggressiewe kopers te wees wat met handelaars sal kan onderhandel sonder die hulp van die Internet."
Die motorvervaardiger se Webtuiste wat die meeste in die VSA besoek word is die van Ford. Meer as 1.5 miljoen kopers sal vanjaar by die tuiste aanteken voordat hulle `n nuwe motor koop.
Ford-kopers is egter nie die mees waarskynlike gebruikers van die Internet vir aankope nie. Die eer gaan eerder na Audi-eienaars, waarvan 81% die Internet as `n hulpmiddel in motoraankope gebruik. Dit kan toegeskryf word aan die feit dat Audi-kopers meestal in baie `n welaf, maar taamlik jong deel van die mark val.
In teenstelling hiermee, gebruik slegs 38% van Buick-kopers die Internet. Dit kan toegeskryf word aan die feit dat die vervaardiger die oudste kopers in die mark het.
Die studie het ook bevind dat Yahoo die gewildste soekprogram vir motoraankope is, terwyl America Online die diensverskaffer is wat die meeste deur `motor` Internetgebruikers gebruik word. Om die grootste diensverskaffer te wees het egter ook sy nadele.
"America Online lok soveel nuwe Internetgebruikers dat baie van hulle kli"ente nie gesofistikeerde toepassings, soos motoraankope, gebruik nie," s^e Denove.
Die studie verskaf ook bewyse dat tradisionele reklame `n uiters suksesvolle wyse is om verkeer na `n Webtuiste te dryf. AutoTrader.com, tans sesde op die lys van tuistes wat die meeste deur nuwemotor-kopers besoek word, se verkeer het dramaties toegeneem na `n aggressiewe reklameveldtog op radio en televisie.
"Dit is nogal `n getuigskrif vir die mag van reklame as mens in ag neem dat AutoTrader.com hoofsaaklik ontwerp is as `n hulpmiddel vir gebruiktemotor-kopers," s^e Denove.
Die studie het ook `n korrelasie gevind tussen die waarskynlikheid dat kopers wat die Internet vir motoraankope gebruik, ook die Internet vir ander tipes aankope sal gebruik. So byvoorbeeld is dit meer as dubbel so waarskynlik dat kopers wat die Internet as hulpmiddel vir hulle motoraankope gebruik, reistuistes soos Travelocity.com sal gebruik.

