Jy kan geld verdien deur regstreekse bemarkingsboodskappe op jou mobiele telefoon te ontvang. Cell-Ads, `n maatskappy wat hoofsaaklik vanuit Stellenbosch werk, bied aan sy lede `n persentasie kontant, wat regstreeks in hul bankrekenings inbetaal word, om SMS-boodskappe te lees wat spesiale kleinhandels- en vermaakaanbiedinge bevorder.
Die model neem beide regstreekse en onregstreekse verwysings in ag en brei uit tot sewe vlakke, waar vlak een regstreekse en vlakke twee tot sewe onregstreekse verwysings behels. Daar is geen beperking op die aantal mense wat `n gebruiker in sy of haar netwerk kan h^e nie.
Ingevolge die huidige verwysingstruktuur, verdien vlak een-gebruikers vir die hoofverwyser 10% van elke rand wat verdien word. Die persentasie wat verdien word verminder met elke graad van verwydering.
Volgens die maatskappy se webtuiste is een voorwaarde dat "Cell-Ads betaal slegs `n lid indien sy verdienste R100 of meer is. Indien `n lid teen die einde van die maand R230 verdien het, word R230 in sy rekening inbetaal. As `n lid teen die einde van die maand slegs R60 verdien het, word die bedrag by Cell-Ads gehou tot die lid die perk van R100 behaal het."
Dit klink ingewikkeld en baie soos `n piramiedeskema. Maar dit is nie, s^e die maatskappy se hoof, Christo Smeda. Hy noem dit `n multivlak-netwerkstelsel en s^e die belangrikste verskil van `n piramiedeskema is dat daar geen kostes vir die gebruiker is nie.
Die produk, wat vroe"er die week amptelik bekend gestel is, is sedert September in ontwikkeling. Smeda s^e die maatskappy het in Oktober reeds geregistreerde gebruikers begin lok.
"Ons databasis het met gemiddeld 100 mense per maand gegroei, met `n minimum van 20 mense wat per dag geregistreer het. Daar is nou 2 350 mense op die databasis."
Hoewel daar nog nie baie adverteerders is wat van die diens gebruik maak nie, glo Smeda die model sal werk. "Ons het dit suksesvol in Stellenbosch met `n paar restaurante en `n tak van Spec Savers getoets. Ons hooffokus is nie om mense met gemorspos toe te gooi nie - dit is om `n waardevolle diens te lewer en hulle die voordeel van afslagaanbiedinge te gee."
Smeda verwag om teen Juniemaand elke dag sowat vier boodskappe per persoon uit te stuur. Hy s^e die maksimum aantal boodskappe behoort nie meer as ses te wees nie.
"Met `n goeie verwysingstelsel kan lede tussen R3 en R4 per boodskap verdien, hoewel die gemiddeld gewoonlik 50c is. Met `n lywige verwysingsnetwerk kan gebruikers teen Julie gemiddeld R400 per maand verdien."
Planne vir die volgende kwartaal sluit in `n stelsel waar mobiele telefoongebruikers sonder kontrakte voordeel trek voordat hulle inteken, en `n telefoonlyn wat toegang verleen tot die inisiatief aan mense wat nie Internet-toegang het nie.

