Die iAfrica.com-poort het Cape2Cairo bekend gestel, wat hulle hoop om in `n kontinentwye sakehulpbron te ontwikkel. Die inisiatief is een van verskeie planne wat die moedermaatskappy Metropolis Transactive Holdings in werking wil stel om individuele kli"ente te teiken.
Metropolis s^e die mark wat in Afrika belangstel, of die internasionale lesersmark wat waarskynlik toegang sal wil kry tot inhoud oor Afrika, kan winsgewend wees.
Die redakteur, Rod Baker, s^e die hoofdoel is om sake tussen Afrikalande en ook tussen Afrika en die res van die w^ereld te bevorder. "Ons sekond^ere doel is om `n kliekstroom (clickstream) na iAfrica as sodanig aan te dryf."
Die strategie kan beskryf word as een van "volhoubare inhoud", om inligting oor individuele lande op so `n manier te versamel dat die sakeman wat sakebedrywe in Afrika het of beplan, dit nuttig sal vind. "Ons wil `n eenstop inligtingsbron, wees," s^e Baker.
`n Besigheid-tot-besigheidkategorie (B2B) op die webtuiste voorsien nuus oor die sakemark met die klem op tegnologie en verwante sake.
Die webtuiste se bemarkingsbohaai dui daarop dat Metropolis nog nie heeltemal sy smaak vir B2B verloor het nie, selfs al het hulle van regstreekse transakies na advertensies oorgeslaan.
"Die verkoopsarena het ook `n reuse sprong gemaak deur `n magdom aanbiedinge te maak wat die beste besigheid-tot-verbruiker- en besigheid-tot-besigheidkonsepte saamvoeg. Daardeur word die hoo/oo gehalte teikenmark teen mededingende pryse toeganklik gemaak vir klein, medium en groot ondernemings op die vasteland en internasionaal," s^e Metropolis in `n nuusvrystelling op die webtuiste.
ITWeb verskaf inhoud aan beide iAfrica.com en Cape2Cairo.

