International Computers Limited (ICL), `n Britse rekenaarmaatskappy met takke in meer as agt Afrika-lande, gaan `n multimiljoen dollar-projek loods om e-handel na Malawi te bring.
Die multinasionale maatskappy sal die projek in samewerking met twee van die land se Internetvoorsieners - Web and Internet Solutions, en Malawi Net - aanpak.
George Mnesa, hoof van ICL Malawi, s^e met die projek wil hulle verseker dat Malawi deel is van die inligtingsrewolusie.
Mnesa s^e ICL sal die dienste van die voorsieners van selfoonnetwerke gebruik "aangesien Malawi se landlyne nie betroubaar is nie". Die land se twee selfoondienstevoorsieners het sowat 30 000 intekenare.
Electronic Commerce van Botswana en Suid-Afrika se Netcom sal waarskynlik as korttermyn-konsultante vir die projek optree.

