About
Subscribe
  • Home
  • /
  • Internet
  • /
  • Ierse firma wil .africa opraap as ICANN s^e hy mag

Ierse firma wil .africa opraap as ICANN s^e hy mag

Phillip de Wet
By Phillip de Wet, ITWeb contributor
Johannesburg, 17 Oct 2000

Die Corporation for Assigned Names and Numbers (ICANN) verwerk aansoeke van `n wye verskeidenheid maatskappye en organisasies vir die reg om nuwe domeinname as `n alternatief tot die alomteenwoordige dot-com te gebruik.

Onder die voorstelle was verskeie vir .biz, .kids en .tel, maar net een maatskappy het gevra vir die regte tot .africa.

"Ons verwag nie dat .africa een van die grootste topvlakdomeine (TLDs - top level domains) sal wees nie, maar ons voel dit is van groot belang binne [die domeinnaamstelsel]," s^e Ed Sweeney, `n verteenwoordiger van Rathbawn Computers, die Ierse maatskappy wat aansoek gedoen het om die agtervoegsel te gebruik.

Rathbawn Computers word besit deur Capital Networks, wat domeinregistrasie in Amerika, Ierland en Australi"e behartig.

ICANN, `n organisasie sonder winsoogmerk wat op die been gebring is om die domeinnaamstelsel en die toekenning van Internet Protokol (IP)-adresse toe te ken, het in Julie besluit om nuwe domeinagtervoegsels te skep om die dot-com-krisis te verlig wat gewilde domeinname midde in miljoendollar-hofsake laat beland het.

Om aansoek te doen vir die reg om enige agtervoegsel te gebruik, moet aansoekers `n nie-terugbetaalbare fooi van $50 000 (R385 000) opdok. Andrew McLaughlin, ICANN se hoof beleidsbeampte, s^e met die ongunstige wisselkoerse kon die fooi aansoeke uit Afrika afgeskrik het, maar dat dit nodig was.

"As `n klein organisasie sonder winsoogmerk, het ICANN geen ander keuse nie as om sy werksaamhede selfbefondsend te maak. Die koste van die nuwe TLD-proses, wat reeds die afgelope twee jaar aan die gang is, plus die koste om aansoeke aan streng beoordeling voor te l^e, dra alles tot die bedrag by.

Die kostefaktor

Hy s^e voorts `n organisasie wat die fooi nie kan bekostig nie, kan waarskynlik ook nie die agtervoegsel bekostig nie.

"Die koste verbonde aan die vestiging en bestuur van `n registrasie-onderneming is aansienlik. As die aansoekfooi `n sterk afskrikmiddel is, het die aansoeker moontlik nie die tegniese en finansi"ele hulpbronne om `n TLD-registrasie te administreer nie."

Rathbawn Computers beskou sy kanse om .africa te bekom as goed, en s^e die agtervoegsel kan die kontinent tot voordeel strek.

"Ons dink Afrika is in `n relatief unieke situasie," s^e Sweeney. "Die kontinent het `n groot bevolking wat uiteraard groot voordeel kan trek uit `n stabiele en effektiewe domeinregistrasie aangesien dit e-handel en Internet-ontwikkeling in staat sal stel om in Afrika te floreer."

Bestaande landkodes, s^e hy, is dikwels nie `n goeie oplossing vir diegene wat wil aandui dat hul webwerwe van Afrika is nie.

"Daar is baie klein Afrika-lande wat op ekonomiese en ontwikkellingsvlak `n agterstand het. Die CCTLD`s (country code top level domains) wat diens aan Afrika lewer, is talryk, en in sommige gevalle, geweldig oneffektief en nie baie kostekompeterend nie. Ons meen dat die meerderheid nie voldoen aan beste praktyke nie en dat die blote aantal `n struikelblok is in `n poging om elektroniese handel te verenig."

Calvin Browne, `n direkteur van UniForm, `n organisasie sonder winsoogmerk wat die .co.za-CCTLD behartig, s^e die feit dat .africa deur `n maatskappy buite die kontinent beheer word, sal nie tegniese probleme oplewer nie.

"Dit is egter jammer dat ons alweer besig is om dollars uit te voer, aangesien die mense van Afrika alreeds vir Amerika moet betaal vir ons verbindings en inhoud.

Sweeney s^e indien Rathbawn suksesvol is, sal die maatskappy die skepping van plaaslike entiteite aanmoedig om .africa-domeinname te verkoop en CCTLD-ondernemings nader om deel te neem.

Aansoeke word vir openbare kommentaar oopgestel nadat besonderhede op die ICANN-webwerf gepubliseer is. Volgens `n vroe"ere skedule word beraam dat `n besluit oor die toekenning van agtervoegsels voor aanstaande jaar geneem kan word, maar `n opgedateerde weergawe maak slegs voorsiening vir `n verslag oor die aansoeke op `n datum wat later aangekondig sal word.

Share