About
Subscribe

Internet 'woestaards` vaar die bos in

By ITWeb
Johannesburg, 20 Aug 2001

Die sukses van werklikheidstelevisieprogramme soos Survivor het 'n magdom soortgelyke ondernemings laat ontstaan. AfriCam neem nou die konsep na die en binne die hart van `n Suid-Afrikaanse natuurreservaat.

Ses vrywilligers gaan die oggend van 9 September uit 'n wildbewaarder se voertuig klim en die Afrikabos van die Djuma-natuurreservaat aandurf. Die doel is om twee weke te oorleef en 'n hele reeks uitdagings te trotseer. Die wedervaring sal 24-uur lank regstreeks oor die Internet uitgesaai word. Die vordering van die 'Savages`, soos die deelnemers bekend sal staan, sal op www.AfriCam.com uitgesaai word.

AfriCam, wat die natuurlewe van verskeie Suid-Afrikaanse wildtuine uitsaai, het 'n vennootskap met Endemol, die skepper van die Big Brother-reeks, aangegaan om die ervaring as 'n loodsprojek uit te saai. Die moontlikheid bestaan dat dit in 'n TV-reeks omgeskep sal word.

Die span 'savages` bestaan uit `n oorlewingsdeskundige van die Suid-Afrikaanse weermag se spesiale magte-eenheid en vyf burgerlikes, twee mans en drie vroue, wat die bos met slegs die nodigste voorrade sal aandurf.

Benewens die toestande in die bos wat die deelnemers moet trotseer, sal hulle ook gevare soos leeus, buffels, renosters, luiperds, olifante, skerpioene en slange in die gesig staar. Djuma-wildbewaarders sal egter die bos patrolleer om te verseker dat die groter diere slegs 'n beperkte gevaar vir die deelnemers inhou.

Stephanie Hawkins, besturende direkteur van AfriCam, s^e Endemol het besluit om met AfriCam saam te werk omdat die maatskappy reeds ervaring het om in 'rowwe` toestande uit te saai.

Hawkins s^e daar sal sewe kameras wees wat die aksie sal volg. Dit sluit twee kop-kameras in wat afwisselend deur die deelnemers gedra sal word en een wat deur `n kameraman hanteer sal word. Die res van die kameras sal op vaste plekke geplaas word.

Hoewel enigeen met Internettoegang die storie deur middel van die regstreekse kameradekking kan volg, sal intekenare tot die AfriCam Select-pakket toegang h^e to lewendige stroomvideo en klank. Hulle sal ook uitgenooi word om vir hul gunsteling deelnemer te stem. Die wenner is die een wat die meeste punte in uitdagings verower het en op die laaste dag die meeste stemme van die intekenare op hom/haar trek.

Hawkins s^e hoewel die huidige klomp deelnemers nie om pryse meeding nie, sal die wenner van die twee weke lange wedstryd 'n plek in die voorgestelde televisieweergawe van die kompetisie losslaan.

Deelnemers sal uitdagings die hoof moet bied, net soos die deelnemers op Survivor, hoewel hierdie meer oorlewingsgerig sal wees, s^e Hawkins.

"Die uitdagins sal baie anders wees as di'e op Survivor, en hulle sal nie net na borde en sulke goed moet skiet nie. Die uitdagings sal spesifiek oorlewingsverwant en opvoedkundig wees," s^e sy. Die deelnemers moet take uitvoer soos om vuur te maak, skuilings te bou en vis te vang, waarvoor hulle belonings in die vorm van kos sal ontvang.

Share