About
Subscribe

Internetbank word Saterdag bekend gestel

By ITWeb
Johannesburg, 18 Jul 2001

SA se eerste ware internetbank, 20twenty, word die naweek bekend gestel. Die internetbankdiens word grotendeels deur Saambou , een van die land se laaste onafhanklike banke, besit.

Ondanks 'n media-embargo het nuus oor die 20twenty-aanbieding in verskeie Sondag- en dagblaaie verskyn. Die webtuiste was vir die afgelope twee maande in 'n toetsfase en stel kli"ente in staat om gereelde transaksies soos aanlynbetalings asook begrotingsbeplanning te doen.

Die bank se eerste produk is die 20een-rekening wat 'n spaarrekening, tjekrekening en kredietkaart in een is en opsionele krediet verskaf.

Verskeie aspekte van die aanbieding onderskei die 20twenty-produk van ander internetbankdienste. Die maatskappy fokus sterk op kli"entediens en beskou sy buigsame diensfooi-opsies as van die belangrikste kenmerke.

Christo Davel, uitvoerende hoof van 20twenty, s^e in 'n verklaring: "20twenty kom die beloftes na wat bankiers tot nou toe versigtig was om te maak. Dit is moontlik deur ge"integreerde moderne tegnologie, wat kragtig en veilig genoeg is om hierdie aansprake te rugsteun. Ander sogenaamde internetbanke kan nie die waarde gee wat ons bied nie."

Die bank is vol vertroue dat sy teikenmark - mense wat tans van ander instellings se internetbankdienste gebruik maak - die aanbieding sal opraap. Hierdie selfvertroue spruit deels uit `n ander aanbieding deur 20twenty - die verplasing van rekeninge namens die klient.

"Al wat die kli"ent moet doen, is om toestemming te verleen en sy rekeningbesonderhede te verskaf en ons sal hul rekenings na ons toe oorplaas, met debietorders en al," s^e Davel.

Die bank bied ook 'n driemaande tevredenheidswaarborg. Sou kli"ente nie tevrede wees met die diens nie, sal die bank alle diensfooie wat aangegaan word, terugbetaal en die oorplasing van rekeninge bestuur.

Die aggressiewe benadering is daarop gemik om teen die einde van die eerste jaar aan 20twenty 'n 15%-belang in die Suid-Afrikaanse internetbankmark te verseker.

Volgens Davel vergelyk hierdie syfer goed met ander banke se huidige internetmarkaandeel. Hy voeg by dat 20twenty met so `n aandeel teen die derde jaar van bedryf winsgewend wees. Die bank beoog ook om sy winsgewendheid te verhoog deur sy mark aggressief uit te brei.

"In die toekoms sal alles wat nodig is ingespan word om 20twenty 'n finansi"ele vennoot vir die w^ereldburger te maak," s^e Davel. "Dit sluit 'n beloningsprogram, die elektroniese verskaffing en betaling van rekeninge, en finansi"ele aggregasie in. Maar die kli"ent bly steeds die kern van sy of haar finansi"ele portfolio. Ons bied in wese een kredietlyn aan en toekomstige krediet is eintlik net `n uitbreiding daarvan."

Die bank sal ook ander tegnologiese kanale ontgin soos en wanneer hulle toepaslik raak, s^e Davel. "Ons tegnologie is oop vir bykomende kanale in die toekoms. Dit stel ons in staat om die toekomstige raakpunte van kli"ente in ag te neem, wat draadlose rekenarisering, mobiele handel, interaktiewe TV, ensovoorts inhou, soos wat hulle hulself bewys en deur kli"ente aanvaar en gebruik word."

20twenty het vennootskappe aangegaan met Microsoft, Compaq en Cisko vir sy bank- en kommunikasieplatform wat op veelvuldige vlakke beveilig is. FinCentric (voorheen ProLogic) het die bankprogram verskaf.

Share