Volgens tweede kwartaal syfers wat vandag deur ABIS ( die oudit buro verantwoordelik vir Internet standaarde ) vrygestel is, het ITWeb die meeste e-pos boodskappe wat deur `n enkele web werf gestuur is, gerapporteer.
De' tegnologie nuustuiste het `n gemiddeld van 278 482 e-pos boodskappe per maand in die tweede kwartaal met hulle daaglikse nuusbriefdiens, eNews, afgelewer. eNews het meer as 15 000 intekenare.
Skermafdrukke het ook toegeneem met `n gemiddeld van 582 713 afdrukke per maand in die tweede kwartaal - `n 11% groei van die 526 317 afdrukke in die vorige kwartaal.
Ranka Jovanovic, ITWeb se hoofredakteur s^e dat sy met die groei tevrede is, veral in die lig van `n merkbare afname in verkeer in April as gevolg van die vakansie seisoen. "Die tweede kwartaal het stadig begin, maar ons het daarin geslaag om te herstel in Mei en Junie. Dit is aangespoor deur die bekendstelling van nuwe vertikale seksies en ITWeb Radio, wat afgesien van hoofnuus, een van die gewildste afdelings op die tuiste is met meer as 30 000 afdrukke per maand."
ITWeb bereik gemiddeld 18 000 unieke lesers per dag, se sy. "Noudat ABIS verslae van e-pos aflewering in ag neem, het ITWeb sy dominante posisie as die vooraanstaande IT en tegnologie-verwante besigheid en finansi"ele nuusverskaffer in die land herbevestig."
Met die bekendstelling van oorspronklik vervaardigde oudio- en videostroming, WAP, Palm en SMS werking, asook pasgemaakte ITWeb-nuus, verwag Jovanovic versnelde groei in die derde en vierde kwartaal van die jaar.

