About
Subscribe

Jy het pos ... op jou foon

By ITWeb
Johannesburg, 29 Jun 2001

Microsoft het aangekondig dat sy Mobile Information Server (MIS) nou plaaslik beskikbaar is, nadat die produk verlede week by Microsoft Tech Ed in Amerika bekend gestel is.

MIS brei e-pos en ander korporatiewe toepassings uit van die kantoor na die mobiele gebruiker deur draadloseapplikasieprotokol (WAP) en HTTP-ontsperde koordlose toestelle. Dit is beskikbaar in 'n ondernemings- of draerformaat. Die draeruitgawe word reeds deur drie plaaslike sellul^ere operateurs ondersoek.

Die draeroplossing (CE) bied veilige soklaag- (SSL) sekuriteit vir transaksies wat met mobiele toepassings gedoen word, wat beteken dat sellul^ere diensverskaffers e-handel en transaksionele toepassings veilig op hul netwerke kan hanteer. Hulle sal ook dienste soos e-postoegang aan hul kli"ente kan bied.

Die ondernemingsuitgawe (EE), wat ontwerp is vir gebruik op die korporatiewe vlak, stel gebruikers in staat om e-pos te ontvang en te stuur en kontakte na te spoor. Die uitgawe stel gebruikers ook in kennis van take en geleenthede vanaf Exchange-omgewings.

MIS EE kom met twee toepassings, Outlook Mobile Access (OMA) en Microsoft Outlook Mobile Manager. Lisensies kos $15 per setel, of $75 per setel met OMA, wat integrasie met die Exchange-bediener toelaat en die koste van die Exchange CAL-lisensie insluit.

"Bykans 45% van alle korporatiewe instellings in SA het aangedui dat hulle in mobiele tegnologie belang stel," s^e Desmond Nair, produkbemarkingsbestuurder van Microsoft Suid-Afrika. "MIS stel jou in staat om meer as net webdienste te h^e - jy kan daardie dienste na mobiele toestelle uitbrei."

Share