About
Subscribe

Kliek op `n nuwe grens

Johannesburg, 24 Oct 2000

Die Kaapstadse maatskappy, Clickatell, gaan sy eerste -bemarkingsproduk op 1 November bekend stel. Die Clickatell Button is die eerste aanbieding van `n beplande reeks bemarkingsmiddele, volgens Integrated On-line Communications.

Die Clickatell Button stel webwerwe in staat om `n knoppie aan te bied vir `n boodskapdiens waarmee e-pos en SMS-boodskappe gestuur kan word wat ook die handelsmerk bevat van die webtuiste vanwaar dit gestuur is.

Danie du Toit, bemarkingsbestuurder van Clickatell, s^e die doel van die knoppie is hoofsaaklik `n poging om die handelsmerk van beide die maatskappy en sy gebruikers te bou. Inkomste word verkry deur die plasing van advertensies in die boodskapvenster.

`n Tafelweergawe sal na verwagting op die bekendstellingsdatum gereed wees vir aflaai. "Die produk se potensiaal is baie, baie groot," s^e Du Toit. "Dit skep in werklikheid `n nuwe Internet-advertensiekanaal."

Die volgende produk wat onder die Communitizing-vaandel - die handelsmerk vir die produkte - bekend gestel sal word, is die Clickatell Bar, wat faksboodskappe en Application Protocol-vermo"ens sal bied. `n Lojaliteitsprogram, Clickatell Rewards, sal volg.

Du Toit glo die produkte sal gunstig met bestaande SMS-boodskapdienste vergelyk omdat hulle maklik is om te gebruik, alomteenwoordig is en geen registrasieproses vereis nie. "Dit voeg waarde toe tot die webwerf," voeg hy by. "Vir `n webwerf sonder baie funksies, plaas dit hom `n trappie bo sy mededingers."

Pieter de Villiers, besturende direkteur van Clickatell, s^: "Inhoud is bepalend vir `n webwerf se sukses, maar gebruikers is geneig om terug te keer na die webtuistes wat hulle die geleentheid bied om uitgedaag en ge

Clickatell glo sy produk is die enigste op die mark wat hierdie bemarkingskanaal aan die bedryf bied.

Share