About
Subscribe
  • Home
  • /
  • Internet
  • /
  • Kuberdansgeleentheid deur die Web na w^ereld uitgesaai

Kuberdansgeleentheid deur die Web na w^ereld uitgesaai

By ITWeb
Johannesburg, 07 Dec 2000

Plaaslike musiektalent sal volgende week buitengewone blootstelling aan internasionale luisteraars beleef wanneer Jhblive.co.za twee ure van sy Cyber Summer Party na die w^ereld uitsaai.

Jhblive.co.za, wat aangeprys word as die "lewendige Jo`burg kultuurwebtuiste", bied in samewerking met Channel-E ('n nuus en inligtingstroomdiens onder E- Holdings) sy "Cyber Summer Party at 206" op Dinsdag, 12 Desember by Louis Bothalaan 206 aan.

Met SA se top platejoggies wat in lewende lywe en op die Net optree, word die geleentheid geadverteer as 'n hoogtepunt in SA se klubgangerjaarboek. Die uitsending wat tussen 14:00 en 16:00 plaasvind, word beskou as die begin van 'n strategie om Suid-Afrikaanse talent op die internasionale danstoneel uit te lig.

Dale Immelman, stigter en direkteur van SweetSounds.co.za, 'n aanlynbron vir platejoggies en die dansbedryf, verwag dat die geleentheid die plaaslike musiekbedryf en -verkope 'n hupstoot sal gee. Die party sal ook die samesmelting van sy twee organiseerders, Jhblive.co.za en SweetSounds.co.za vier.

Share