Ernst & Young (E&Y) beplan om gedurende Oktober 60 mense te leer om by Windows NT- en Unix-stelsels in te breek en webtuistes te skend.
`n Vierdag-kraakbestrydingskursus, wat in Kaapstad en Johannesburg aangebied word, sal korporatiewe burgers wat verantwoordelik is vir netwerksekuriteit, wys hoe gevoelig hul stelsels vir `n aanval kan wees.
"Hulle moet weet wat krakers doen en kan doen, en hulle moet hul werkwyse verstaan," s^e Juliet Lubbe, E&Y se verkoopsdirekteur.
Diegene wat die kursus wil bywoon moet `n siftingstoets deurgaan, meer as R7 000 betaal en ook `n wetlike ooreenkoms onderteken dat hulle nie hul nuutgevonde kennis vir kwaadwillige doeleindes sal gebruik nie.
Die doel van die kursus is om deelnemers te leer om voortdurend aanvals- en penetrasie-oefeninge teen hul eie stelsels uit te voer, s^e E&Y. Kennis van spesifieke swakplekke sal stelseladministrateurs ook motiveer om op die hoogte te bly van die nuutste kraaktegnieke.
"Daar is niks hierin wat hoogs wetenskaplik is nie en niks wat baie moeilik is om te doen nie," s^e kursusaanbieder Justin William na `n praktiese demonstrasie van Windows NT-aanvalle. "Dit mag bietjie moeiliker wees as jou stelseladministrasie goed ingelig is, maar niks is onmoontlik nie."
Die Windows NT-segment gebruik `n sistematiese aanvalsbenadering, gaan deur fases van teikenidentifikasie, win inligting in oor die teiken, en verkry gebruikerstoegang en uiteindelik ook administratiewe toegang. Deelnemers word ook verwys na webtuistes wat nuwe tegnieke en nuttige kraakinstrumente publiseer.
Williams het die gewone advies om penetrasie van NT-stelsels te voorkom. "Installeer slegs die dienste wat jy werklik nodig het, gebruik behoorlike wagwoorde, en pas rekeninguitsluitings en die nuutste re"els toe. En indien nodig, toets die geldigheid van gebruikers se wagwoorde."
Die kursus gebruik ook die vaardighede van die "hervormde kraker", Stieler van Eeden, wat vroe"er vanjaar onder meer die webtuistes van die Johannesburgse Effektebeurs en Computicket geskend het. Van Eeden het die moniker Akt0r gebruik om blaaie te skend in `n poging om `n werk in die sekuriteitsbedryf te bekom. Ernst & Young het hom opgeraap.
"Daar was `n mate van kommer toe ons hom aangestel het," s^e Lubbe, "maar dit was absoluut die regte besluit. Ons het baie by Van Eeden geleer en hy kan ons kli"ente ook baie leer."
Volgens E&Y is die kraakbestrydingskursus gebaseer op soortgelyke programme in die VSA, maar is aangepas vir plaaslike toestande. Indien daar belangstelling is, sal die kursus verder uitgebrei word.

