Liberty, die finansi"ele dienste- en versekeringsgroep, is tans Affinity - die VK-gebaseerde verskaffer van gratis toegang tot die Internet - se tweede plaaslike kli"ent.
Liberty s^e dat meer as 11 000 CDs met toegangsagteware aan agente, makelaars, personeel en besigheidsvennote versprei is.
M-Web, Suid-Afrika se grootste Internetdiensverskaffer waarvoor intekenare betaal, het AbsaBank aangeval omdat hulle gratis toegang aan die publiek bied en die gratis model as onstabiel en skadelik afgemaak. Liberty s^e egter dat hulle nie van plan is om die dienste aan die algemene publiek beskikbaar te stel nie.
"Ons sien die gratis Internetdiens as 'n ideale platform om bewustheid rondom ons handelsmerk by ons besigheidsvennote te bou," s^e Lee Izikowitz, Liberty se hoof inligtingsbeampte. Die maatskappy het 'n "web wizard" ingesluit wat makelaars, wat nie oor baie Internet-kundigheid beskik nie, in staat sal stel om hulle eie webwerf binne minute aan die gang te kry.
"Die "web wizard" sal adviseurs help om 'n eie, individuele webwerf te skep wat kli"ente dan op hulle gemak kan besoek om inligting te verkry," s^e Izikowitz.
Webbladsye word gesteun op gratis bedienerspasie, wat ook deur Affinity verskaf word.
Personeel by Liberty s^e dat die "web wizard" makelaars slegs sal help om 'n baie basiese enkelbladsy-webwerf op die beskikbare 10MB op die been te bring.
Affinity het op rekord ges^e dat verskeie ander plaaslike maatskappye ook in hulle dienste belangstel en dat hulle verwag dat meer kli"ente binnekort sal aansluit.

