In opvolg op `n mediaverklaring wat deur die Kaapse Internetdiensverskaffer (ISP) M-Web uitgereik is waarin hy Absa Bank se gratis Internetdiens kritiseer, het die bankgroep regsadvies ingewin oor "die beskuldigings". Affinity, Absa se Britse Internetvennoot, het die mediaverklaringaanval as "onprofessioneel" beskryf.
Die mediaverklaring, getiteld: "Affinity en Santie Botha [Absa groep se uitvoerende direkteur] mislei publiek", meld verskeie voorvalle van gratis Internetsakemodelle wat gefaal het.
"Dit blyk dat M-Web se uitvoerende hoof, Antonie Roux, sakemodelle doelbewus verwar," het Affinity se uitvoerende hoof, Wayne Lochner, gereageer. "Gratis Internettoegang en gratis telefoonoproepe is `n model wat nie volhoubaar is nie. Absa bied `n gratis inskryfmodel met betaalde telefoontoegang aan."
In die mediaverklaring beweer Roux dat die Absa-handelsmerk in gevaar is: "Oor die w^reld heen is bewys dat gratis Internetmodelle nie werk nie."
Lochner s^ Roux se uitlatings is "nie baie professioneel nie" en hy glo die nuutste rondte van moddergooiery kon aangevuur wees deur Affinity se planne om binnekort die gratis Internetmodel deur ander vennote in SA aan te bied. "Aan die einde van die dag sal die verbruikers hul eie keuses maak," s^ Lochner.
Reaksie deur Absa word later vandag verwag, nadat die bank regsadvies ingewin het.

