About
Subscribe

M-Web neem Big Brother na die Net, selfone

By ITWeb
Johannesburg, 23 Aug 2001

Big Brother, die jongste in 'n vlaag realiteitstelevisieprogramme wat ingeperkte huismaats op openbare televisie teen mekaar laat kragte meet, gebruik M-Web Business Solutions om bo gewone TV uit te styg en openbare toegang en interaktiwiteit deur die nuwe media op die en selfone te bied.

M-Web Business Solutions het multiplatform medialewering vir Big Brother geskep, wat benewens die gewone webwerf ook e-pos en SMS insluit.

M-Web Business Solutions het die tussenvlakke en agtergrond van die webwerf ontwikkel, wat ontwerp en gasheerskap, asook deurlopende onderhoude, insluit. Inhoudbestuur is vir M-Net, wat die televisieregte vir die reeks hou, vergemaklik. Die inhoud word eenmalig op `n sentrale bewaarplek opgedateer, wat dit dan outomaties op al die platforms opdateer. Die maatskappy het ook verseker dat hardeware-infrastruktuur die ho"e vlak van verkeer kan hanteer deur maatre"els soos vragbalansering op webbedieners in te stel.

"As gevolg van die webtoepassing, sal Big Brother 'n 24-uur multimedia-ervaring wees," s^e Eddie van Rensburg, besturende direkteur van M-Web Business Solutions. "Deur die projek het M-Web Business Solutions baanbrekerswerk gedoen op die konsep om 'deurlopende intydse` media-inhoud oor 'n reeks toestelle te bied. Dit beteken dat verbruikers in Suid-Afrika vir die eerste keer die program op TV kan dophou, 24-uur lank na regstreekse video en daaglikse video-hoogtepunte op die webwerf kan kyk, opdaterings deur SMS en e-pos kan ontvang, en met 'n telefoon deur die webwerf kan blaai."

Volgens van Rensburg sal SpeechHTML-tegnologie aangewend word sodat gebruikers die webwerf oor die telefoon kan navigeer en teks op 'n webblad aan hulle voorgelees word.

Die amptelike webwerf tree in werking sodra die deelnemers die huis op 26 Augustus betree en sal die huidige webwerf vervang. Die ten volle interaktiewe oplossing stel elkeen wat `n rekenaar, selfoon of telefoon het, in staat om die Big Brother-webwerf by www.bigbrothersa.com te besoek.

Share