About
Subscribe

M-Web pen Big Brother se aanlyn videomark vas

By ITWeb
Johannesburg, 27 Aug 2001

Die bekendstelling van die Big Brother-realiteitstelevisieprogram het die Suid-Afrikaanse Internetgemeenskap in opstand aangesien sommige ontevrede klante vind dat hulle nie toegang kan verkry tot die beloofde regstreekse beeldmateriaal van die gebeure in die Randburg-huis nie.

Baie mense wat oor die naweek probeer inskakel het, kon wel toegang verkry tot die program se webwerf, maar die beeldmateriaal wat deur kameras binne die Big Brother-huis gevoer word, was nie toeganklik nie.

"Die regstreekse video- en oudiostrome van Big Brother is beskikbaar vir alle Internetgebruikers in Suid-Afrika wat gratis by die Big Brother-gemeenskap ingeteken het," lui 'n deel van 'n nuusbrief wat Maandag aan gebruikers gestuur is. "Dit is egter moontlik dat sekere Internetdiensverskaffers (ISPs) in SA nie veelvuldige video kan hanteer nie en dat hulle nie hierdie strome vir hulle intekenare aangebied het nie. As jy geen van die regstreekse video- en oudiostrome kan sien nie en jy is by enige ander ISP as M-Web ingeteken, skakel asseblief regstreeks met jou diensverskaffer."

Intekenare van M-Web, die gasheerdiensverskaffer van die Big Brother-webwerf, kan voordeel trek uit die spesiale veelvuldigevideospilpunte wat by M-Web toegangspunte in stedelike gebiede regoor die land opgestel is. Maar ander ISPs is skynbaar onwillig om die nodige uitgawes aan te gaan om hul intekenare toegang tot dieselfde dienste te bied. Om 'n omgewing te skep wat veelvuldige video kan hanteer, wat toegewyde bedieners en groot hoeveelhede bandwydte insluit, kan derduisende rande kos om op te stel en moet voortdurend deur ondersteuningspersoneel gemoniteer word.

Die eerstevlak korporatiewe ISP, UUNet, wat M-Web se algehele datarugsteun verskaf, s^e hy het slegs met een ISP, SAIX, 'n verbintenis aangegaan wat nodig is om die multimedia doeltreffend te stroom.

Die gevolg is dat inskakel- en huurlynintekenare van Intekom, Xsinet en @tlantic toegang tot die videostroom kan verkry, maar intekenare van ander groot eerstevlak ISPs soos Solutions en al Absa se gratis Internetintekenare, nie.

Stuart Hardy, besturende direkteur van Internet Solutions (IS) se netwerke, s^e die videostroom is definitief nie geweier vir IS se inskakel- en huurlynintekenare nie, maar dat M-Web se bedieners skynbaar nie aan die videoversoeke kan voldoen nie. Hy s^e IS-toetse toon dat versoeke vir teen normale spoed deur die IS en UUNet-infrastruktuur loop, maar dat dit by die M-Web Big Brother-bedieners uittel.

Volgens Hardy het baie korporatiewe IT-bestuurders, soos administrateurs by Dimension Data, Big Brother se videostrome versper om te keer dat dit hul plaaslike netwerke bereik.

Hy het bygevoeg dat IS sy kommer teenoor M-Web uitgespreek het oor sy vermo"e om stroomvideo regoor SA te verskaf en opgemerk dat, tensy hy 'n toegewyde stroomnetwerk vir die doel skep, dit nie moontlik mag wees nie. Hy s^e in voorlopige gesprekke het IS aangebied om 'n veelvuldige videospil vir M-Net te verskaf, maar dat IS nie gekontrakteer is om dit te doen nie.

Richard Fyffe, besturende direkteur van Oracle Online Sales, wat verantwoordelik is vir Big Brother Internet-inkomste, s^e meer as 20 000 mense het by die Big Brother-webwerf geregistreer en dat meer as 3 miljoen advertensie-indrukke sedert sesuur Sondagaand ontvang is. Fyffe s^e teen spitstyd het 2.8 mense elke sekonde by die webwerf geregistreer en dat die aanvraag vir webbladsye oorweldigend was met 1 600 sessies wat gelyktydig op die werf aangebied is.

M-Web sou later 'n verklaring oor die kwessie uitreik.

Share