'n Groot gedeelte van die Suid-Afrikaanse mediese gemeenskap is bekommerd dat die veiling van plastiese chirurgiese operasies op die bidorbuy.co.za veiling webwerf sal lei tot die kommersialisering van mediese sorg.
Die veiling, wat saam met die Netcare hospitaal groep aangebied word, stel vyf nie-noodsaaklike kosmetiese chirurgiese prosedures hierdie week beskikbaar.
Sapa skryf dat Leonard Roode, waarnemende registrateur vir die Health Professions Council of SA (HPCSA), die veiling onvanpas en misleidend van 'n etiese en kliniese oogpunt noem.
Hy s^e die raad was nie in staat om die aanlyn advertensies te stop nie omdat dit slegs jurisdiksie oor individuele praktiseerders wat geregistreer is met die HPCSA het. Die raad is besig om saam met die Hospital Association of SA, wat private hospitale verteenwoordig, te werk om 'n gedragskode vir private hospitale op te stel.
Dr. Ian Kadish, een van die betrokke plastiese chirurge, glo dat daar nie eintlik 'n twispunt is nie. "Geen wetlike en etiese belange word oorskry nie. Die pasi"ente wil dieselfde behandeling kry soos enige ander. Sover ek weet was daar nog geen gevoel van verskil tussen die plastiese chirurge met wie ek gepraat het nie."
Dr. Joe Maelane, voorsitter van die SA Medical and Dental Practitioners, s^e die Internet waagstuk was "om die minste te s^e, 'n skande." Hy s^e dat mediese sorg 'n noodsaaklike diens is wat nie op veiling gesit kan word soos 'n voertuig of meubels nie.
Maelane s^e mense wat bie vir plastiese snykunde op die Internet nie behoorlike behandeling in 'n private kliniek sal kan bekostig as daar komplikasies voorkom nie. Hierdie kan 'n las op openbare hospitale sit as hierdie in 'n algemene beleid ontaard.
Die South African Medical Association se webwerf spreek ook kommer uit oor die leidende beginsels van die Medical and Dental Professional Board se 'Guidelines for Making Professional Services Known`. Hierdie beginsel lui dat pasi"ente beskerm moet word van misleidende promosionele advertensies of onvanpaste mededingende aktiwiteite tussen mediese sorg professionele.
Verwante artikels:
Boob jobs and more, starting at R1

