Medscheme en Business Objects, wat plaaslik verteenwoordig word deur Usko Software, het kragte saamgesnoer om iFundi op die been te bring. iFundi is `n Web-gebaseerde rapporteringsmeganisme wat trustees, makelaars en fondsbetuurders in die gesondheidsorgsektor van onmiddellike toegang tot aanlyn-inligting op fondsvlak sal voorsien.
Kim Kennedy, datapakhuisbestuurder by Medscheme, s^e die nuwe sisteem sal tussengangers, trustees en fondsbestuurders van pasgemaakte inligting voorsien.
Medscheme administreer meer as 50 verskillende mediese skemas. Die vertroulikheid van inligting is gewaarborg aangesien gebruikers slegs toegang tot die inligting wat op hulle kli"ente betrekking het, sal kan kry.
Kennedy s^e dat daar geen koste aan die diens verbonde is nie en dat dit `n bykomende voordeel vir Medscheme affiliate is. "Ons voorsien gebruikers met toegang tot indiepte inligting wat hulle sal toelaat om op die spoor van tendense en patrone te bly en wat die nodige informasie sal verskaf om die finansi"ele welstand van die skema te kontroleer", s^e sy.
"Dit is die eerste ekstranet-toepassing van WEBI in Afrika en ons is vol vertroue dat dit `n tendens vir toekomstige gebruik in verwante dissiplines sal begin", s^e Annaliza Janse van Rensburg, produkbestuurder by Usko Software.
Alexander Forbes is tans besig met `n loodsstudie en na verwagting sal iFundi met `n gebruikersbasis van 200 tot 300 begin.
Medscheme maak gebruik van `n Oracle parrallelbediener en RISC-tegnologie op Siemens Nixdorf hardeware. Inligting oor die maatskappy se 50 mediese fondse word deurlopend op die toerusting opgedateer, met die databasis wat met by die 6 miljoen eis-lynitems per maand groei.
Die ondersteuningsgereedskap agter iFundi is Business Objects se Web Intelligence, `n dunkli"ent-oplossing wat gebruikers in staat stel om veilige toegang te verkry tot korporatiewe data, dit te analiseer en te deel deur middel van `n webleser.
Share