About
Subscribe
  • Home
  • /
  • Channel
  • /
  • MMW stel All-in-Wonder grafiese bord bekend

MMW stel All-in-Wonder grafiese bord bekend

By PR Connections
Johannesburg, , 11 Jul 2000

Multimedia Warehouse (MMW), 'n afdeling van Siltek, s^e die ATI Technologies All-in-Wonder 128 PRO 2X/4X grafiese en multimedia bord is nou plaaslik beskikbaar.

Hierdie bord kombineer 'n 2D/3D versneller, 'n DVD-speler, 'n TV-versteller en video invoer-en-uitvoer funksies. Die All-in-Wonder ondersteun ook die nuutste TV/rekenaar multimedia bymekaarkoms funksies.

"Die All-in-Wonder 128 PRO verskaf uitstekende 2D en 3D grafiese vermo"e omdat dit 32Mb geheue en die RAGE 128-bis PROchip bevat," s^e Matthews von Brandis, produk bestuurder by MMW.

"Die TV-uit funksie laat jou toe om jou gunsteling speletjies op enige TV te speel. Jy kan selfs rekenaar video snitte, ho"e gehalte grafika en teks op jou TV kyk."

Video vaslegging, verstelbare-tyd stadige aksie en die outomatiese opname van programme wat sekere sleutelwoorde bevat is maar net 'n paar van die funksies waaroor die bord beskik.

"Daar is ook digitale video kasset opname funksionaliteit waardeur 'n rekenaar geprogrammeer kan work om TV programme soos 'n normale videomasjien op te neem. Hierdie funksionaliteit benut die vermo"e van 'n rekenaar om video kompressie te doen terwyl daar na die program gekyk word."

"Jy kan een van twee redigering funksies kies sodra jy video opnames vasgevang het in die MPEG-2 formaat. Die eerste metode is slegs 'n snit-redegeerder wat deel vorm van die ATI Multimedia Centre. Die ander metode is om die Visual Studio 3.0 program te gebruik van Ulead. Dit help jou om verskeie snitte in 'n logiese storielyn te rangskik."

Share