MTN en die mediagroep Johnnic Communications het die eerstevlak Internetdiensverskaffer (ISP) Citec vir R25 miljoen gekoop. Die sustermaatskappye s^e Citec sal die gaping in hul portefeulje vul.
Johnnic s^e Citec sal gefokus bly op die sakemarkplek en het geen voorneme om hom in die inbelstryd te begewe nie.
Citec is van sy stigter, Jason Berry, en Iocore (voorheen New Africa Holdings) gekoop. Die transaksie is van April af van krag. MTN sal 60% van die maatskappy besit en Johnnic e-Ventures die oorblywende 40%.
Citec sal die enkele ge"integreerde Internet Protokol-netwerk en ISP vir alle MTN- en Johnnic Communication-maatskappye word en sal voortgaan om Internettoegang en gasheerdienste aan bestaande en nuwe kommersi"ele kli"ente te verskaf.
Die uitvoerende hoof van die Johnnic-groep, Paul Edwards, s^e die aanwins is 'n belangrike posisioneringskuif vir beide MTN en Johncom.
"Eerstens sal dit 'n koste-effektiewe oplossing bied vir die groeiende behoeftes aan Internetverbinding en dienste binne die groep.
"Maar dit posisioneer ook die groep in terme van die bre"er mark. Ons glo die koste verbonde aan telekommunikasie, beide plaaslik en internasionaal, sal afneem sodra deregulering in 2002 ingestel word. Dit sal meebring dat korporatiewe SA hul netwerke en gebruik van die Internet sal uitbrei en daarmee `n groter aanvraag vir waardetoevoegende sakedienste skep.
"Die groei in telekommunikasiedienste w^ereldwyd l^e in data, nie stem nie, en Suid-Afrika se groei is teruggehou weens Telkom se monopolie. Ons posisioneer onsself om deel te wees van die verwagte ontploffing.
"Die groep is reeds 'n sterk speler in die inhoud-, e-handel- en ASP-markte, deur beide MTN en JeV, veral in die I-Net Bridge-markplek. Deur nou ook korporatiewe verbindings te verskaf, vul ons die gaping in ons portefeulje van waardetoevoegende dienste," s^e Edwards.
"Ons kan korporate nou die volle spektrum bied, van verbinding, gasheerskap, diensverskaffing en toepassing tot inhoud."
MTN se finansi"ele direkteur, Rob Nisbet, s^e oor die transaksie: "Ons sien reeds sterk groei in mobiele datadienste wat deur MTN verskaf word. Hierdie aanwins stu MTN verder op in die waardeketting en stel ons in staat om ons waarde vir korporatiewe klante te verhoog."
Al die IP-netwerke in Johnnic en die MTN-groep sal in 'n enkele Citec-netwerk ge"integreer word.

