Subscribe
About
  • Home
  • /
  • Business
  • /
  • Nedcor, DiData beklink transaksie van R9 miljard

Nedcor, DiData beklink transaksie van R9 miljard

By ITWeb
Johannesburg, 25 Sept 2000

Nedcor besit nou `n regstreekse belang van 8,2% in Dimension Data, wat op die Londense Effektebeurs gelys is, asook R1,8 miljard in kontant in ruil vir sy belang van 25% in Dimension Data International (DDI).

Ingevolge die ooreenkoms is Nedcor verplig om ten minste 80% van sy aandele in Dimension Data tot 31 Maart 2001 te behou.

Die transaksie, wat volg op Dimension Data se amptelike insluiting by die FTSE 100-indeks die week, maak Nedcor een van die grootste aandeelhouers in Dimension Data plc.

Jeremy Ord, uitvoerende hoof van DiData plc, s^e die transaksie is in ooreenstemming met die groep se verklaarde beleid om beleggings in filiale en gesamentlike ondernemings te konsolideer deur sekere uitstaande belange in groep-ondernemings te bekom.

"Dit sal ons in staat stel om ons struktuur te vereenvoudig en die groep in `n beter posisie te plaas om voordeel te trek uit die geleenthede wat ons `Global Services Operating Architecture` in netwerkdienste en i-handel bied. Dit sal ook die oordraagbaarheid van intellektuele kapitaal en personeelhulpbronne binne die groep vergemaklik," verduidelik hy.

Volgens Nedcor se hoofuitvoerende beampte, Richard Laubscher, sal Nedcor die kontantopbrengs van R1,8 miljard gebruik om onlangse DDI-aanwinste te befonds. Die balans van sowat $65 miljoen sal gebruik word vir strategiese buitelandse beleggingsinisiatiewe, wat moontlike verdere aanwinste in saamlopende industrie"e kan insluit.

Buiten die R1,8 miljard in kontant wat Nedcor uit die ooreenkoms verkry, het die maatskappy nou ook 103 134 329 DiData-aandele met `n huidige markwaarde van R7,2 miljard (bereken volgens Maandag se aandelesluitingsprys van R69,60).

Die boekwaarde van Nedcor se DDI-belegging is R3,1 miljard, wat `n totale beleggingsurplus van R5,9 miljard beteken. Hierdie aandele sal in sterling bereken word wat daarop neerkom dat meer as 40% van Nedcor se netto batewaarde (NBW) in buitelandse geldeenhede verteenwoordig word.

Die bateruiling sal marginaal inkomstepositief vir Nedcor wees en teen markwaarde Nedcor se NBW aansienlik verhoog.

Die transaksie is onderworpe aan wetlike toestemming (insluitend van die Suid-Afrikaanse Reserwebank), die goedkeuring van Dimension Data se aandeelhouers en ander bepaalde omstandighede.

Share