NetActive Internet se Afdeling vir Besigheidsdienste het `n Internettoegangsdiens gemik op klein- en mediumgrootte ondernemings vrygestel.
"Die nuwe NetDial oplossing vul `n nis in die mark vir betroubare inbel aansluiting. Dit bied optimale steun, asook vinniger oplossing van probleme," s^e Ian Greenspan, Besturende Direkteur van die Eenheid vir Besigheidsverbinding by NetActive. "Wanneer `n inbeldiens `n integrale deel van besighede se daaglikse aktiwiteite word, kan enige verswakking in diens lei tot verlies in inkomste," s^e hy.
Die diens bied ook opsionele pakkette, wat waarde toevoeg, aan. Dit word gedeeltelik gesubsidieer deur NetActive en sluit NetContact en NetDomain in.
NetContact is `n e-pos-na-faks asook faks-na-e-pos oplossing en verskaf `n toegewyde faksnommer vir elke individuele e-pos adres. Die faks-na-e-pos oplossing is beperk tot 100 fakse per maand, maar kan wel opgegradeer word. `n Uitgaande faksrekening kan gekoop word op `n "pay-as-you-go" skema.
NetDomain is `n registrasiediens vir domeinname en verskaf aliasse vir domeinname aan gebruikers om `n meer verpersoonlikte interaksie met kli"ente moontlik te maak. NetDial gebruikers kan die diens teen `n afslagtarief bekom.
Die Internetdiensverskaffer sien die oplossing as `n lanseerplatform vir besighede se eerste fase van toetrede tot die Internet arena. Wanneer besighede die stadium bereik waar hulle meer gevorderde dienste soos gedeelde modems, huurlyne of e-handel werking benodig, verskaf NetActive die volle suite.
"Met ander pakkette wat binnekort by die Internettoegangdiens vir besighede ingesluit gaan word, sal NetDial die mees omvattende inbeldiens vir besighede in die mark wees," s^e Greenspan.

