Die elektroniese bankplatform icanonline het Vrydagmiddag 'n tegniese probleem ondervind wat veroorsaak het dat ses mense se persoonlike inligting aan 'n aantal intekenare van die finansi"ele portaal Moneymax se nuusbrief gepos is.
Johan Strijdom, uitvoerende direkteur van icanonline, s^e die probleem het glo in die posbedienersagteware voorgekom wat gebruik is vir die tweeledige doel om die Moneymax-nuusbrief uit te stuur en aansoeke vir `n nuwe BoE-kredietkaart, wat onlangs by die icanonline-portfolio gevoeg is, te verwerk.
"Een van die vreugdes om met elektroniese media te werk is dat dinge baie vinnig gebeur. Ons het die probleem Vrydagmiddag opgespoor en teen Vrydagaand het ons al ses aansoekers gekontak."
Strijdom s^e die ses was "ongelooflik begrypend" oor die probleem en het die verskoning en aanbod van lewenslange gratis bankdienste aanvaar wat icanonline aangebied het om te vergoed.
"Ons het die manier waarop ons die aansoeke hanteer deur die loop van Vrydagaand en die naweek aangepas," s^e Strijdom.
Icanonline, 'n gesamentlike onderneming tussen M-Web, BoE en NBS, het sedertdien meer as 500 aansoeke vir die BoE-kredietkaart ontvang, wat tans saam met 'n gratis tweedag-vakansie op die webwerf bemark word.

