'n Webwerf wat Suid-Afrikaanse motorbestuurders toelaat om uiting te gee aan hul gevoelens teenoor hul meer aggressiewe mede-bestuurders, is bekend gestel. Roadhogs.co.za is geskep vir die uitgesproke behoeftes van padgebruikers wat die slagoffers van roekelose bestuur was.
Soos die webwerf verduidelik, as jy ooit aan die ontvangkant van 'n padvark was wat jou lewe of voertuig in gevaar gestel het weens hul roekelose bestuur, jou letterlik van die pad af gery het of jou selfs net kwaad gemaak het omdat hulle nie jou beleefdheid erken het nie, kan jy veilig aanlyn die laaste woord h^e.
Gebruikers kan inligting oor hul ervaring insleutel - alles van die datum, plek en kommentaar, tot die soort en registrasienommer van die betrokke motor. Hulle kan boonop nagaan of die persoon 'n padvark-geskiedenis het. Besoekers kan ook na die Top Tien-lys van huidige oortreders blaai en inteken op 'n "Vark van die Dag"-verslag.
"Dit is 'n bemagtigingservaring vir diegene wat elke dag op ons paaie geviktimiseer word," s^e mede-stigter Andrew Myers. "Roadhogs.co.za voorsien 'n plek vir mense om veilig aanlyn aan hul woede uiting te gee en dit van die paaie af te hou."
Suid-Afrika se paaie word vergelyk met 'n oorlogsveld waar die kanse goed is dat jy 'n besering kan opdoen. Die land het 'n jaarlikse paddodetal van sowat 10 000 mense, wat beteken dat byna 30 mense elke dag op ons paaie sterf. Bykans 150 000 mense word beseer in die halfmiljoen padongelukke wat elke jaar plaasvind. Volgens mediaberigte versleg die situasie en 'n padgebruiker se kans om in 'n ongeluk betrokke te raak, verhoog met 10% elke jaar.
Die webwerf bied 'n verspreidingslys wat gebruikers op die hoogte hou van toevallige padvarke en beplan om eersdaags statistiek aan te bied oor die mees berugte stede en motortipes.
Vir nadere inligting, besoek www.roadhogs.co.za.

