Die plaaslike webwerf AfriCam het die People`s Choice Award in die kinderkategorie verower by die internasionale Webby Awards, die Oscars van die internet, wat verlede week in San Francisco gehou is.
Die Webby Awards, wat deur die International Academy for Digital Arts and Sciences aangebied word, vereer webwerwe vir hul prestasie in tegnologie en kreatiwiteit.
Die Webby Awards het twee wenners in elke kategorie; een word deur 'n paneel van deskundiges beoordeel en een word deur die internetpubliek aangewys. In die kinderkategorie het AfriCam die internetstem verwerf en www.factmonster.com die beoordelaars s`n. Meer as 400 000 internetgebruikers het aan die stemming deelgeneem.
AfriCam se uitvoerende hoof Peter Armitage s^e: "Dit is vleiend om saam met webwerwe soos CNN, National Geographic en The Motley Fool erken te word."
Armitage wys egter daarop dat die verkiesing in die kinderkategorie vir AfriCam problematies is. "Ons is nie regtig `n kinderwebwerf nie, maar daar was nie kategorie"e vir diere, natuurlewe of vermaak nie. Maar dis `n eer om `n toekenning in enige van die kategorie"e te ontvang."
AfriCam.com is 'n webwerf waarop die natuurlewe intyds besigtig kan word en lok baie belangstelling vanoor die w^ereld. Volgens AfriCam het hy 30 miljoen bladsy-indrukke per maand.
Ander wenners in die verskeie kategorie"e sluit in die www.hototnot.com in die modekategorie en IGN in die dobbelkatergorie, terwyl requiemforadream.com met die toekenning as die beste fliekwebwerf weggestap het.
Die kultusnuus-flouswebwerf TheOnion.com het beide die beoordelaars en die internetstemme verower.
Meer inligting oor die Webby Awards is te kry by www.webbyawards.com.

