'n E-pos wat beweer dat M-Net se tydskrifprogram Carte Blanche werknemers van die kitskos-verkoper McDonalds afgeneem het waar hulle klante se kos verkeerd hanteer het, is bewys as 'n poets. Maar die skade aan die maatskappy se reputasie in die o"e van sommige van sy kli"ente is reeds aangerig.
Die poets-e-pos, wat vinnig regdeur Suid-Afrika versprei het, beweer dat Carte Blanche beplan om videomateriaal uit te saai van McDonalds se personeel wat "op hamburgers spoeg wanneer witmense dit bestel", volgens die e-pos.
"Ons ontken die bewering wat deur die e-pos versprei word ten sterkste," s^e Terrence Reese, president en besturende direkteur van McDonalds South Africa. " Ons het Carte Blanche gekontak, wat die bestaan van die videomateriaal ontken het."
Dit word bevestig deur 'n persverklaring op Carte Blanche se webtuiste: " 'n Wolhaarstorie wat betrekking het op 'n bekende hamburger-kettinggroep doen tans die ronde in Suid-Afrika. Volgens hierdie vals bewering het Carte Blanche materiaal wat met `n versteekte kamera verkry is van die kettinggroep se werknemers wat na bewering klante se kos verkeerd hanteer. Die program is nie in besit van sulke materiaal nie. Indien ons wel sulke materiaal bekom, sal ons die eerste wees om dit uit te saai."
Ondanks pogings om die skade te keer, glo baie steeds die poets. `n Anonieme bron na aan McDonalds s^e sake het verlede week met 20% gedaal, gedeeltelik weens die ekonomiese klimaat en gedeeltelik weens die e-pos.
"Mense versprei steeds hierdie e-pos," s^e Reese, wat ontken dat McDonalds se verkope aansienlik gedaal het weens die wolhaarstorie. "Ons verkoopneigings is in lyn met die ekonomie en die tyd van die jaar," s^e hy.
"Ek dink poets-e-pos kan aanvanklik nogal skadelik wees, maar die meeste voel dat hierdie soort e-pos nie geglo kan word nie," s^e Heath Turner, verkoop- en bemarkingsbestuurder vir die e-pos-spesialismaatskappy The E-mail Corporation. "E-pos is 'n magtige middel. Dit versprei soos 'n veldbrand en het 'n sneeubal-effek," voeg hy by. "Amateur e-pos-gebruikers is meer geneig om hierdie gekskeerdery te glo as diegene wat vir dit reeds `n jaar of meer gebruik."

