About
Subscribe
  • Home
  • /
  • Channel
  • /
  • Rectron, Square One in geskil oor Ricoh-verspreiderstatus

Rectron, Square One in geskil oor Ricoh-verspreiderstatus

Johannesburg, 29 Nov 2000

'n Geskil het tussen Rectron en die Square One Solutions Group ontstaan oor die verspreiderstatus van Ricoh, n'a Rectron se aankondiging dat hy 'n Ricoh-erkende dienssentrum in Midrand gaan oprig.

Square One s^e hy is die enigste erkende bergplek en verspreider van Ricoh-mediaprodukte in SA, terwyl Rectron meen hy het die volste reg om die herstelsentrum te open.

"Ons is bewus dat Rectron vir geruime tyd al grysbemarking van Ricoh-produkte in SA doen," s^e Steve Berryman, Square One se hoof van verkope en bemarking. "Dit het aansienlike verwarring in die kanaal en vir die eindgebruiker veroorsaak. Ons bevraagteken Rectron se dienssentrum-aanbieding, aangesien alle kwessies rakende Ricoh-diens en -ondersteuning deur herverkopers van Ricoh-produkte na Square One verwys word."

Mark Lu, hoof van Rectron, verwerp aansprake dat sy maatskappy "grysbemarking" van Ricoh-produkte in SA doen. "Ons is amptelik daartoe gemagtig deur Ricoh Taiwan deur MET Technology, en ons het die dokumentasie om dit te ondersteun."

Lu s^e Ricoh het hom daartoe verbind om Rectron te help om 'n "optiese toestel-dienssentrum" op die been te bring met ooreenkomste in die verband wat met Ricoh se optiese departement in Japan gesluit is.

Junicho Kitagawa, Ricoh Europa se kanaalverspreidingsbestuurder, meen die Rectron-dienssentrum kan moontlik 'n ooreenkoms tussen die Taiwanese Ricoh-subverspreider, MET, en Rectron wees. "Ricoh Japan is bewus van die amptelike verspreiding na Square One en sal nie 'n aparte ooreenkoms aangaan wat direk met die wettige kanaal bots nie."

Kitagawa wys daarop dat die Ricoh Europa DMS Sentrum die Suid-Afrikaanse mark bestuur, en dat nie Ricoh Japan of 'n Ricoh Japan-verspreider in 'n posisie is om 'n verspreider in SA aan te stel nie.

Lu s^e hy het Ricoh se aandag op die verwarring in die Suid-Afrikaanse mark gevestig, en is vol vertroue dat die saak deur die ingryping van senior beamptes van Ricoh Taiwan en Ricoh Europa opgelos sal word.

Share