About
Subscribe

Safari.net binnekort lewendig

By ITWeb
Johannesburg, 01 Mar 2001

Safari.net, 'n Afrika-webwerf wat binne die AfriCam-groep ontwikkel is, gaan vandag lewendig. Die inhoudryke webwerf beskik oor 'n hele aantal eienskappe, wat outomatiese safari- en verblyfsoekers, in-diepte reisartikels en resensies, asook inligting oor Afrika-kulture insluit.

Safari.net, wat handuitgesoekte safari's en verblyf in vennootskap met toerondernemings wat ervaring het in die Afrika-reisbedryf aanbied, beskryf homself as 'n eenstop-winkel en die perfekte instrument vir die reisiger en reisagente.

Die webwerf het 'n eksklusiewe inhoudvennootskap met die Nasionale Parkeraad en hoop om beide plaaslike en internasionale belangstelling in SA se agt grootste nasionale parke aan te moedig.

Hoewel dit in die VSA ontwikkel en tans daar onderhou word, s^e Safari.net se redakteur en inhouddirekteur, Angus Begg, die bestuur daarvan sal teen die einde van April deur SA oorgeneem word.

Oor ander korttermyn-doelwitte s^e Begg: "Dit is 'n niche-mark, en ons beoog om sowat 500 000 bladsy-indrukke per maand oor die volgende drie maande te bereik."

Share