SmartForce, voorheen bekend as CBT Systems, sal hulle e-besigheid opleiding in Oktober aan die plaaslike mark beskikbaar stel. Hulle verwag dat daar `n groot aanvraag van maatskappye wat hulle personeel vinnig by die nuwe ekonomie moet laat aanpas, sal wees.
Paul Henry, internasionale vise-president, s^e dat SmartForce unieke uitdagings in Suid-Afrika het.
"Probleme met bandwydte en infrastruktuur was rede tot kommer vir die plaaslike afdeling, maar ek voorsien nie dat dit `n probleem vir veel langer sal wees nie," s^e Henry.
"Ons het probleme gehad om ons interaktiewe oudio en video aanbiedings deur middel van kleiner pype in SA af te lewer, maar soos die infrastruktuur eleganter en meer kompak word, sal die probleme verdwyn en sal plaaslike maatskappye voordeel uit ons volle aanbiedinge trek."
Volgens Henry is die e-besigheid kursusse internasionaal goed ontvang.
"Ons het vennootskappe aangeknoop met van die groot konsultasie firmas soos KPMG en PricewaterhouseCoopers. Hulle het ons modules ge
SmartForce s^e dat hulle meer as 1 000 IT kursusse oor die Internet kan aanbied en het vennootskappe met meeste van die groot spelers in die industrie, soos Microsoft en Linux, aangeknoop.
In Maart is SmartForce deur Microsoft gekies om deurlopende opleiding aan Microsoft-gesertifiseerde beroepsmense w^ereldwyd te verskaf.
SmartForce het ook in Julie `n kurrikulum aangekondig wat die Linux sertifiseringsroetes ondersteun, wat deur die Linux Professional Institute gedefineer word.
Henry glo dat die tweeledige vennootskappe nie enige konflik vir SmartForce sal veroorsaak nie. Hy sien die maatskappy se veelvuldige vennootskappe as `n manier om hulle voor die kompetisie te plaas wat steeds geneig is om in `n enkelplatform aanbieding te spesialiseer.
SmartForce het gepoog om hulself van mededingers te onderskei deur virtuele seminare, 24-uur toegang tot mentors en witskrifte, aan studente te verskaf.
Milton Goldschmidt, die plaaslike besturende direkteur, is vol vertroue dat die e-besigheid aanbieding goed ontvang sal word.
"Ons is baie opgewonde oor ons e-besigheid kursus en gegewe die hoeveelheid nuwe e-handel maatskappye wat in die land opskiet, voorsien ons `n besonderse groot mark vir die kursus," s^e Goldschmidt.
"Een van die belangrikste dinge om in e-besigheid te onthou is dat die hele maatskappy gemaklik moet voel met die nuwe manier van besigheid doen; opleiding moet oor die hele linie plaasvind."

