About
Subscribe
  • Home
  • /
  • Internet
  • /
  • Stem oor Internet protokol bly onwettig, skole kry toegewing

Stem oor Internet protokol bly onwettig, skole kry toegewing

@BriefHeadline = Stem oor Internet protokol bly onwettig, skole kry toegewing
Phillip de Wet
By Phillip de Wet, ITWeb contributor
Johannesburg, 26 Mar 2001

Die regering se konsepbeleid oor telekommunikasie, wat Vrydag onder die gesag van die minister van kommunikasie, Ivy Matsepe-Casaburri, gepubliseer is, het 'n paar aangename verrassings vir die kommunikasiegemeenskap ingehou.

Die riglyne oor onder meer die toekomstige telekommunikasie-markstruktuur, algemene toegang en nummering, maak deel uit van die regering se bestuurde liberalisasie van die telekommunikasiebedryf.

Volgens die riglyne sal dit onwettig bly vir diensverskaffers om stem oor protokol (SOIP)-dienste in die nabye toekoms moontlik te maak. Verskaffers wat die wet oortree, kan hul lisensies verloor.

Die konsepbeleid, wat onmiddellik van krag is tensy waar wysigings.aan die Telekommunikasiewet en Telkom se lisensie nodig is, bevestig die huidige verbod op SOIP met die uitsondering van die tweede nasionale operateur, Telkom en spesiale medewerkers.

"Klein, medium en mikro-ondernemings (KMMOs) en medewerkers sal vanaf 7 Mei 2002 toegelaat word om telekommunikasiedienste, insluitend SOIP, te lewer met die spesifieke doel om algemene dienste in geografiese gebiede met 'n teledigtheid van minder as 1% te bevorder," volgens die riglyn oor markstruktuur. Hierdie liggame sal ook toegelaat word om hul eie infrastruktuur te bou om dienste te lewer.

Die dokument maak dit duidelik dat die regering verwag dat Transtel en Esitel, albei filiale van staatsondernemings, ingesluit moet word by enige konsortium wat aansoek doen om 'n lisensie as die tweede nasionale operateur wat vanaf Mei volgende jaar met Telkom sal meeding. Die regering sal 'n uitnodiging publiseer om aansoek te doen om die lisensie waarin hy die persentasie aandeelhouding sal spesifiseer wat hy deur die twee liggame sal behou.

Die regering het die meerderheidsbelang in Telkom en sal na verwagting beheer daarvan behou selfs na sy notering op die Suid-Afrikaanse Aandelebeurs wat vir later vanjaar geskeduleer is.

'n Spesiale riglyn oor onderwys stel 'n sogenaamde e-koers in wat lank reeds verkondig word as 'n noodsaaklikheid vir moderne skole. Operateurs sal as deel van hul lisensieverpligtinge 'n 50%-afslag aan skole moet toestaan op alle telefoonoproepe om toegang tot die Internet te verkry. Die afslag sal geldig wees vir alle skole wat deur die regering befonds word.

Nommerverplaasbaarheid, die vermo"e van gebruikers om hul diensverskaffer te verander terwyl hulle dieselfde telefoonnommer behou, sal in April 2003 ingestel word deur 'n sentrale databasis wat deur die reguleerder, die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van SA, bedryf sal word. Meganismes om byvoorbeeld die draer vooraf te kies, sal ook vroeg aanstaande jaar in gebruik gestel word.

'n Poging deur die vorige minister van kommunikasie, Jay Naidoo, om nommerverplaasbaarheid tot voordeel van die derde sellul^ere operateur in te stel, is twee jaar gelede laat vaar na besware van MTN en Vodacom. Die operateurs het ges^e hulle het daarin bel^e om hul 083 en 082 nommerreekse te vestig en verplaasbaarheid sal skadelik wees vir hul besigheid.

'n Openbare noodkommunikasieriglyn vestig SA se weergawe van die Amerikaanse 911 algemene noodnommer in die vorm van 'n 112-diens, die nommer wat tans deur mobiele operateurs gebruik word. Openbare Noodkommunikasiesentrums, wat bekend sal staan as 112 Noodsentrums, sal onder die beskerming van die kommunikasieministerie tot stand gebring word.

Die konsepbeleid word tot 2 Mei vir openbare kommentaar beskikbaar gestel. Die volle teks is op die Department van Kommunikasie se webwerf gepubliseer by http://docweb.pwv.gov.za/docs//telpoldir.html.

Share