About
Subscribe
  • Home
  • /
  • Internet
  • /
  • VerticalNet Africa in bedryf, sonder Metropolis-portale

VerticalNet Africa in bedryf, sonder Metropolis-portale

By ITWeb
Johannesburg, 06 Jul 2001

VerticalNet, die Amerikaanse portaalmaatskappy wat na `n sagtewareverkoper omgeskakel het, s^e sy Suid-Afrikaanse afdeling is nou in bedryf nadat `n plaaslike maatskappy in Januarie gestig is.

Elf van sy 16 personeellede kom van Metropolis, maar die maatskappy s^e dinge gaan hierdie keer heelwat anders wees. Waar Metropolis vertikale portale opgestel en probeer het om verkeer daardeur te kanaliseer om inkomste te verdien deur transaksies binne die gemeenskap te vergemaklik, gaan VerticalNet sagteware verkoop.

"Daar is geld in portale want mense wil in die markplek deelneem, maar die grootste deel van inkomste l^e in die tegnologie, s^e Wayne Levine, `n bedryfsdirekteur. "Ons hele fokus is ondernemingsgeori"enteer."

Die agt voormalige Metropolis-portale, wat techafrica.com en commsafrica.com insluit, gaan op die ys geplaas word as wysers na ander Amerikaanse VerticalNet-webwerwe. "Ons wil nie met ander markplekke meeding nie," s^e Levine.

In plaas daarvan, gaan die maatskappy Marketplace Manager, `n XML-katalogiseringsproduk, verkoop wat maatskappye in staat stel om hul ware op verskeie aanlynmarkplekke te lys sonder om inligting vir elkeen te dupliseer, asook C-Hub, `n gemeenskapsagtewarepakket.

Levine s^e C-Hub is nie noodwendig met transaksies verbind nie, aangesien die pakket slegs bedoel is om kommunikasie tussen individue te vergemaklik.

Metropolis, aan die ander kant, het op "transaktiewe inhoudstrategie" staatgemaak waar `n gemeenskap rondom inligtingshulpbronne sou vergader en dan die geleentheid gebied word om sake te doen.

VerticalNet was nie regstreeks betrokke in Metropolis se sake nie, maar het slegs sy sagtewareplatform vir plaaslike gebruik gelisensieer. Die transaksie was die eerste VerticalNet-onderneming buite Amerika se grense.

Toe die Metropolis-portale verlede jaar gesluit is, het Robin Nicholson, finansi"ele hoof van die moedermaatskappy, Primedia, ges^e die aanvaarding van die VerticalNet-model het tot die mislukking van die maatskappy gelei.

Die nuwe plaaslike maatskappy word in geheel deur die moedermaatskappy besit, doen regstreeks verslag aan VerticalNet International en word deur Angus Robinson, voormalige strategiese ontwikkelingsbestuurder van Metropolis, bestuur. Die maatskappy sal verantwoordelik wees vir die hele Afrika-kontinent waar VerticalNet nie reeds verteenwoordig is nie.

Share