About
Subscribe
  • Home
  • /
  • Internet
  • /
  • Web-iWear-rekenaarbrille beoog om die spanning te verlig

Web-iWear-rekenaarbrille beoog om die spanning te verlig

By ITWeb
Johannesburg, 05 Apr 2001

Die Amerikaanse ontwerpmaatskappy van mode- en tegniese oogdrag, Barbara Creations, het sy Web-iWear-rekenaarbrille vandeesweek by die Comdex Chicago 2001 bekend gestel.

Die brille het 'n amberkleur, effense vergrootglase en 'n teenweerkaatsingslaag om simptome wat met rekenaarvisiesindroom vereenselwig word, teen te werk.

Onlangse studies deur die Amerikaanse Oogkundige Vereniging en die Amerikaanse Nasionale Instituut vir Beroepsveiligheid en Gesondheid beraam dat bykans 90% van die 70 miljoen Amerikaanse werkers wat rekenaars vir meer as drie ure per dag gebruik, klagtes met spanning en sig ervaar.

Rekenaarvisiesindroom lei tot 'n reeks oog- en sigprobleme wat verband hou met rekenaargebruik. Simptome sluit in oogspanning; dowwe sig; dro"e, jeukerige o"e; hoofpyne, verkeerde en vertraagde fokus; onakkurate kleurpersepsie; sensitiwiteit vir lig; en rug-, nek- en skouerpyn.

"Web-iWear het wetenskaplik ontwikkelde lense wat spesiaal gekleur is om kontras en helderheid te verbeter en flikkering te verminder," s^e Tibor Gross, uitvoerende vise-president en hoofoperasionelebeampte van Barbara Creations.

Share