Bykans 'n maand nadat die nuusportaal Woza gesluit het, s^e sy mede-stigter, Kevin Davie, hy het nog vertroue in die produk.
Sy geloof in Woza word geregverdig deur die onlangse kwartaalsyfers van die Ouditburo van Internetstandaarde (Abis) wat toon dat Woza met 35% tot 5.5 miljoen bladsyindrukke in die eerste kwartaal gegroei het - net na Independent News and Media se IOL-webwerf wat 5.6 miljoen bladsyindrukke gehad het.
Davie s^e die groei is behaal met 15 personeellede teen die tyd dat hy gesluit het, volgens hom geen geringe prestasie nie, as dit vergelyk word met organisasies met heelwat meer hulpbronne.
Ondanks die portaal se gewildheid was Woza verplig om te sluit nadat die Bytes Technology Group (voorheen Usko) sy beleggingsteun 'n maand gelede onttrek het. En hoewel Davie onwillig is om dit af te skryf, s^e hy die webwerf "bly op ys". "Ons het nog die toerusting en die kantoorruimte."
Davie s^e 12 moontlike beleggers het hom aanvanklik genader, waarvan slegs twee nou oorgebly het.
"Maar ek is steeds hoopvol. Dit was altyd duidelik dat daar mislukkings gaan wees, maar marksentiment bly baie sleg."
Oor besonderhede oor die vereiste belegging s^e hy: "Die syfers is betekenisloos." Wat Woza nodig het, s^e hy, is baie minder as wat sy mededingers vereis.
Terwyl Woza op ys bly, is sy leserstal steeds grootliks aktief deur e-pos en die boodskapbord op die werf. Sou Woza more voortgaan, sou dit nie te moeilik wees om sy oorspronklike lesers te herwin nie, s^e Davie. Hy meen die meeste lesers sal binne drie tot ses maande terugkeer.
Met betrekking tot nuwe ondernemings, s^e Davie hy is deur 'n aantal organisasies genader maar hy het nog geen vaste planne gemaak nie. Maar, s^e hy, dit sal baie moeiliker en baie duurder wees om vandag 'n soortgelyke onderneming op die been te bring. "Die ruimte is alreeds gekoloniseer."
Hy merk op dat maatskappye soos Woza en Moneyweb vroeg die mark betree het en daaruit voordeel getrek het. "Ons het waarskynlik nie meer as R30 000 op reklame oor die afgelope jare gespandeer nie. Jy sal nie vandag daarmee wegkom nie," s^e hy. "Dit is uiters neerdrukkend."
Davie glo daar is 'n toekoms vir nis-webuitgewery. "Maar die verbruikersruimte is baie taai." Woza het 'n groot deel van sy inkomste uit advertensies verdien en Davie s^e hierdie bedryf moet nog volwasse raak. "Aanlyn-reklame moet nog plaasvind."
Hy s^e aanlynreklame is te moeilik om te moniteer en gee nie aan agentskappe die opbrengste wat hulle nodig het nie. Dit sal verander met die groei in gespesialiseerde agentskappe wat verkeer en deurklieke moniteer, s^e hy.
Davie glo die stand van aanlynuitgewery is swakker as in ander lande soos Amerika. "Ons aap die Nasdaq na, terwyl ons inderwaarheid byna drie jaar agter is."

