As gevolg van die sukses van laas week se veilings, het Netcare en bidorbuy.co.za besluit om tussen 2 en 4 Augustus soortgelyke prosedures in KwaZulu-Natal op te veil. Al vyf die plastiese chirurgie prosedures wat op die plaaslike veilingstuiste bidorbuy.co.za aangebied is, is verlede week vir `n persentasie van hulle werklike waarde opgeveil.
Die vraag bly egter staan of die mediese rade wat so sterk kapsie teen die veilings gemaak het, enige aksie teen bidorbuy of Netcare, die hospitaalgroep wat die dienste van hulle hospitale en chirurge aanbied, aanhangig gaan maak.
Dr Ian Kadish, woordvoerder van Netcare s^e dat daar nie `n etiese kwessie by die tipe inisiatief betrokke is nie en dat hulle nie alleen staan in die oortuiging nie. "Die Hospitaal Assosiasie, onder andere, stem met ons saam". Kadish s^e verder dat die organisasies wat wel uitgesproke in die media was tot op hede nog nie vir Netcare direk gekontak het nie.
Die wenner van die eerste opgeveilde prosedure ( `n borsreduksie ter waarde van R20 530 ( is `n Amerikaanse emigrant wat reeds vir 20 jaar in SA woonagtig is. "Ons het vir omtrent 15 minute gebie", s^e sy "en uiteindelik het ons die bod gewen op R11 951, maar ons was bereid om tot R12 000 op te gaan".
Die 45-jarige wenner, wat verkies het om anoniem te bly, promoveer bergfietsry in SA en ontvang al vir `n aantal jare fisioterapeutiese behandeling vir probleme wat met haar DD borsmaat gepaard gaan.
Alhoewel haar mediese fonds vir die fisioterapie betaal het, het hulle nie `n borsreduksie-operasie as noodsaaklik beskou om `n gesonde, pynlose lewe te lei nie (selfs nie op die aanbeveling van `n Kaapstadse chirurg wat haar situasie beoordeel het nie)
In reaksie op die etiese debat wat vlam gevat het rondom die veilings, s^e sy: "Etiek het verskillende doelpale vir verskillende mense. In di'e geval, dink ek dis `n kwessie van goeie bestuur ( ek het aangeneem die hospitaal doen dit om le"e beddens te vul".
Nitzan Tal, Hoof Uitvoerende Amptenaar van bidorbuy.co.za, is van mening dat die enigste rede dat die mediese gemeenskap die inisiatief so negatief ontvang het, bloot was omdat hulle onverhoeds betrap is. "Mense is nie gewoond daaraan om dienste oor die Internet te koop of te verkoop nie. Dit vereis `n houdingsaanpassing".
Tal s^e die kontroversi"ele veilings het daartoe gelei dat verkeer op die tuisblad meer as verdubbel het.
Intussen beweer die Sameday Surgery Association dat bie"ers geflous word om ho"e pryse vir die operasies te betaal. "Ons is van mening dat di'e foefie die publiek mislei om buitensporige pryse te betaal", het Sameday Surgery Association se voorsitter, Dr Sam Nudelman, in `n verklaring aan Sapa ges^e.
Kadish glo egter dat "appels met appels" vergelyk moet word en voeg by dat die koste van die prosedures wat op die veiling gewen word alle verwante kostes dek. Hy wys ook daarop dat die koste ook herstelling in `n luukse suite in die Park Lane Kliniek, asook `n verjongingsgeskenkpakkie en oornagverblyf in die Michelangelo Hotel insluit.
Die operasies in Gauteng is vir duisende rande minder as Netcare se normale tariewe verkoop. Die velvernuwingsprosedure ter waarde van R15 900 is verkoop vir R8 601 en die vetuitsuigingsprosedure wat gewoonlik R17 900 beloop, is teen R10 401 van die hand gesit. Haarverwydering ter waarde van R7 900 is opgeraap vir R1 651 en die ooglidchirurgie ter waarde van R15 100 is uiteindelik vir R8 601 gewen.

