BMW SA het `n virtuele sentrum op die Web bekendgestel waar bestaande en potensi"ele klante `n eie BMW aanlyn kan bou, verskillende voertuigkonfigurasies kan vergelyk, of BMW-produkte kan navors voor hulle werklik `n aankoop doen.
Klante kan gaan kyk na hulle motor van keuse in verskillende binne en buite kleurkombinasies en `n kosteberaming aanvra vir die motor wat hulle aanlyn gebou het. As klante nie kan besluit watter van die e-BMWs hulle verkies nie, kan hulle die motors in `n virtuele motorhuis parkeer en later weer daarna gaan kyk.
Motorentoesiaste kan ook die werf gebruik om die waarde van gebruikte motors, van enige maak, volgens `n standaard prysaanwyser na te gaan.
Diegene wat die motor wat hulle aanlyn geskep het wil neem vir `n toetsrit, kan `n handelaar selekteer en `n afspraak maak. Elke versoek word in die handelaarspoort aangeteken. Die handelaar neem die verantwoordelikheid om die afspraak met die klant te bevestig.
"BMW se e-handel strategie is daarop gemik om `n klantgerigte oplossing vir suksesvolle inisiasie en voorbereiding tot verkope daar te stel," s^e Athol Quin, BMW SA se e-handel projekbestuurder.
Tog is daar nie die opsie om `n transaksie aanlyn op die Web te beklink nie - die voorvereiste vir ware e-handel.
Pleks daarvan, hoop BMW SA om voordeel te trek uit die potensi"ele teikenmark se afhanklikheid van die Internet as `n hulpmiddel in aankope, wat navorsing doen oor en in interaksie tree met die produk en die maatskappy en hulself voorberei op die aankoop voor hulle die fisiese verkoopsomgewing betree.
"Die klante wat die werf besoek het, sal heel waarskynlik weet waarna hulle soek voordat hulle na `n verkooplokaal toe gaan. Dit bied aan ons handelaars `n goue geleentheid om `n motor te verkoop."
Klante kan `n kosteberaming op die motor van hulle keuse aanvra, aandui of hulle `n ander motor wil inruil en die nodige kontakbesonderhede verskaf.
Sodra `n versoek ingedien word, word dit deurgestuur na die handelaarspoort. Die handelaar stuur dan `n voorstel per e-pos of faks terug na die klant. Daar word verwag dat die reaksie op hierdie versoek binne 24 uur gegenereer sal word.
"Meer as 60% van BMW-klante in Amerika gebruik e-handel toepassings oor die Internet ter voorbereiding op hulle daaglikse aankope. Hier in SA, lok ons werf meer as 45 000 besoekers elke maand. Hierdie syfers dui daarop dat BMW-entoesiaste ook entoesisties oor die Internet is," s^e Ian Robertson, besturende direkteur van BMW SA. "Ons het daarom besluit om so gou as moontlik `n e-handel toepassing vir ons Suid-Afrikaanse mark te implementeer."
"Elf BMW-handelaars en agt motorfietshandelaars reg oor die land tree al reeds in verbinding met hulle klante via die werf en die res sal teen die einde van die jaar aan boord wees," s^e Quin.
Ontwikkeling van BMW se virtuele sentrum is reeds in Januarie vanjaar begin en is aanvanklik in Julie by BMW Frankryk beskikbaar gestel. Die Suid-Afrikaanse werf is sedert Augustus aan die gang.

