Subscribe

E-handel vir Afrika

By Basheera Khan, UK correspondent, ITWeb
Johannesburg, 30 Aug 2000

Die eerste dag van die African Computing and Technology spitskonferensie (ACT 2000) het opgeskop met `n volle sitting en "E-commerce - Hype or Reality?" as besprekingspunt. Andile Ngcaba, die direkteur-generaal van die Departement van Kommunikasie, Richard Lawson en Ayisi Makatiani, onderskeidelik die Hoof Uitvoerende Beamptes van Lawson Software en Africa Online Kenya, het voorleggings gemaak.

Daar is veral gekyk na wyses waarop die mense van Afrika op voetsoolvlak voordeel uit e-handel kan trek, asook na die noodsaaklike stappe wat deur beide die regering en die privaatsektor geneem moet word om universele toegang teen `n bekostigbare prys te verseker.

Ngcaba het `n oorsig gegee van Suid-Afrika se e-handel wetgewingsproses, wat die lig in November 1999 gesien het. Hy het die regering se rol om burgers te bemagtig om die nuwe ekonomie te verstaan, asook die verskeie voordele wat die aanneming van e-handel inhou, bespreek. Ngcaba het verder die kritiese kwessies rondom publieke sleutelinfrastruktuur en domeinnaam regulering, asook die strategiese gebruik van kennisbestuur konsepte om die ekonomie op die lang termyn te verbeter, uitgelig.

"ICT is die skans van nuwe ontwikkeling...wat van ons vereis om strategieo/oo te ontwikkel wat reageer op die uitdagings wat dit vir ons kulturele, sosiale, ekonomiese, politieke en wetlike paradigmas stel."

Ngcaba het die meer ortodokse praktisyns van telekommunikasie daarteen gewaarsku om nie die Internet se potensiaal om die mees algemene vorm van kommunikasie te word, te ignoreer nie. "Na 2004 sal mobiele Internet bykans in alle aspekte bo tradisionele telekommunikasie wees."

Hy voorspel dat e-handel en e-kommunikasie die argitektuur van kommunikasie infrastruktuur sal verander. Ngcaba glo ook dat dit noodsaaklik is dat die regering se verwante beleidsontwikkelingsproses `n gereguleerde raamwerk omgewing skep waarin die evolusie kan plaasvind. Die uiteindelike doel is om dit vir die regering moontlik te maak om voordeel uit die ontwikkeling in slimkaart- en informasiekiosk tegnologie te trek en om daardeur beter dienste aan die burgers van die land te verskaf.

Op soek na `n balans

In `n oproep aan SA en sy buurlande om saam te werk ten bate van `n samehangende beleid waarin die belange van al die deelhebbers ewewigtig verteenwoordig sal wees, het Ngcaba die tema van die harmonisering oor grense om mense se lewenskwaliteit te verbeter en om ekonomiese groei teweeg te bring deur die gebruik van e-handel, beklemtoon.

Makatiani het hierdie sentiment herhaal en die belangrikheid van bekostigbare toegang beklemtoon as een van die prim^ere wyses om die tasbare voordele van e-handel te sien gebeur. Makatiani, wie se eie maatskappy beplan om `n reeks toegevoegde waarde dienste gebaseer op `n aantal nuwe industrie alliansies aan intekenare bekend te stel, het rolspelers aangespoor om spoedig die regte stappe in die rigting van e-handel te neem.

"Afrika sal groot beleggings in kommunikasie infrastruktuur moet maak. Wat ons ook al doen, moet ons nou doen."

Volgens Makatiani kan probleme met toegang opgelos word deur hulpbronne te deel om rekanaarsentrums in gemeenskappe te skep. Hy glo dat die uiteindelike doel is om die funksionaliteit van `n virtuele kantoor teen die prys van `n posse"el aan gebruikers beskikbaar te stel. Dit vra ook van voorstanders van e-handel in Afrika om met oplossings vorendag te kom wat eerstew^ereldse funksionaliteit sal verskaf, terwyl dit om inherente Afrika probleme soos die swak penetrasie van kredietkaarte werk.

Die kwessie van bekostigbaarheid hou ook uitdagings in, wat met inkomste generering verband hou. Makatiani glo dat die situasie in Afrika nuwe inkomste modelle benodig wat bekostigbare toegang, sowel as inkomste deur versigtig geteikende bemarking, moontlik sal maak.

Hy s^e egter dat dit nie moontlik sal wees sonder die betrokkenheid van internasionale spelers in die Afrika mark nie. "Moenie opgee op Afrika nie - dit gaan beter begin gaan en as dit gebeur gaan dit baie moeiliker [vir internasionale maatskappye] wees om `n mark te vestig."

Share