About
Subscribe

Edgars stel aanlyn-inkopiediens bekend

By Basheera Khan, UK correspondent, ITWeb
Johannesburg, 22 Sept 2000

Edcon het sy aanlyn-inkopiediens, Edgars.co.za, vroe"er die week bekend gestel. Die inisiatief verteenwoordig die eerste fase in die verwesenliking van die groep se verreikende e-handelstrategie.

Steve Ross, hoof van Edcon, s^e: "Die waarde vir aandeelhouers l^e in ons vermo"e om op die voorpunt van ontwikkeling te wees in `n mark wat gedurig verander en waar e-handel toenemend die norm word."

"Edgars.co.za is `n belangrike deel van Edcon se e-handelstrategie wat verskaffers, klante, die interne sake-omgewing sowel as ontwikkelings in die bedryf soos kleinhandelmiddelpunte en ruilhandel insluit. Wat winsgewendheid betref, beskou ons nie die onderneming-tot-klant komponent in isolasie nie, aangesien sy sukses deur die hele verskaffingsketting waarde sal toevoeg.

"Deur die bekendstelling van www.edgars.co.za wil ons `n naatlose aanlyn/aflyn-diens aan ons klante lewer."

"Danksy sy bestaande infrastruktuur en klantebasis, is Edcon goed geplaas om die `clicks and mortar`-model te gebruik om `n mededingende voordeel in die Suid-Afrikaanse mark te bekom," s^e Brad Coward, die groep se strategiese projekhoof.

Die nuwe webwerf is deur Andersen Consulting en The Jupiter Drawing Room ontwikkel en bied `n vinnige "drie-kliek" navigasiestandaard. Plaaslike tegnologiese beperkinge soos bandwydte en rondblaaivermo"e is opgelos en die tegnologie is omvattend getoets.

Aankope kan met enige bankkredietkaart of met die reeks Edcon-winkelkaarte betaal word. Enkoderingstegnologie is gebruik om maksimale sekuriteit ten opsigte van persoonlike finansi"ele inligting te verseker. Dit word voorts deur `n verifikasieprosedure ondersteun.

Klante kan re"el dat aankope enige plek in Suid-Afrika afgelewer word of dit self by enige Edgars afhaal. Aflewerings word ook oor naweke gedoen.

Edgars se klantebasis is 5 miljoen sterk en die maatskappy het 3,5 miljoen rekeninghouers. Klante wat verkies om hul inkope by www.edgars.co.za te doen, kan ook voordeel trek uit die gepatenteerde diensaanbiedings soos "Die Besluitnemer" ("The Decision Maker") en "Die Edgars Assistent" (The Edgars Assistant"). Edgars bied ook `n gratis geskenktoedraaidiens en gratis persoonlike kaartjies vir enige geleentheid.

Volgens Coward beskou Edcon die B2C- (business to customer of onderneming-tot-klant) inisiatief as die grondslag vir toekomstige geleenthede, onder meer om ander winkels binne die groep aanlyn te bring en internasionale betalingsvermo"e te ontwikkel.

Share