Huiskoop kan 'n sielswroegende saak wees - en soos meeste huiseienaars kan getuig, kan die proses om 'n huislening goedgekeur te kry een van die pynlikste aspekte daarvan wees.
Tot nou toe kon verbruikers nie veel anders nie as om op goeie ou voetwerk staat te maak om die produk op te spoor wat die beste aan hul behoeftes, en begrotings, voldoen.
MortgageSA.com, 'n Internet-maatskappy wat spesialiseer in die aanlyn-skepping van verbande, is in 1998 gestig. Die Kaapse maatskappy het geleidelik oor die afgelope drie jaar gegroei en het nou sy netwerk streekkantore, oproepsentrum en webtuiste uitgebrei.
Saul Geffen, hoof van MortgageSA, verduidelik die besigheidsmodel.
"MortgageSA bedien basies drie kli"ente - verbruikers, banke en eiendomsagente. Aan die verbruikerskant, versamel ons huisleningkonsultante relevante inligting oor die persoon se werk en kredietvermo"e en sal daarna die proses namens die verbruiker behartig. Dit beteken dat kli"ente elkeen net een konsultant sal h^e, wat waarde sal toevoeg in terme van regsadvies, verskeie kosteberekenings en ander insette.
"Daar is geen koste vir die verbruiker nie, en geen verpligting om die huislening te aanvaar wanneer hulle navrae beantwoord word nie," voeg hy by.
Die maatskappy het 'n vaardigheidstel, leningverwerkingsvermo"e en tegnologiese bevoegdheid ontwikkel, wat sterk deur vier groot banke ondersteun word. Huislenings kan nou binne 24 uur in beginsel goedgekeur word, hoewel drie dae die langste is wat 'n kli"ent vir terugvoering hoef te wag. Geffen sinspeel op verdere ontwikkelings met Standard Bank en Eerste Nasionale Bank dat intydse goedkeuring onder die regte omstandighede moontlik is - 'n groot verbetering op die Amerikaanse standaard van twee weke.
Geffen glo die maatskappy se opgegradeerde ontledingswerktuig om te bepaal of 'n aansoeker kwalifiseer, wat 'n risiko-gebaseerde prys volgens elke individu se profiel uitwerk, dra by tot 'n eindproduk wat die verbruiker die beste pas en sy kostes sal verminder.
Sedert sy bestaan het MortgageSA meer as R3 miljard se lenings verwerk en het meer as 100 werknemers landwyd in diens. Die maatskappy bedien meer as 400 eiendomsmakelaars en meer as 4 000 eiendomsagente.
Toekomsplanne sluit in 'n mediaveldtog wat volgende jaar in werking gestel sal word, sowel as planne om ten minste een groot versekeraar aan boord te bring en mettertyd ander vennote te ontwikkel. Soos Geffen dit stel: "Verbruikers word al meer bewus van hul reg om inligting oor al die verbandopsies in te win en te beoordeel, wat hulle die onderhandelingsmag gee om die beste transaksie aan te gaan."

