Dinsdag, 5 Desember, se munisipale verkiesings het 'n magdom rou data voortgebring - en die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) maak op driedimensionele (3D) ruimtetegnologie staat om hom te help om die feite in bruikbare inligting te verwerk.
Die OVK het MapInfo Professional as sy tafelproduk gekies en MapInfo MapXtreme vir webtoepassings, saam met sy Oracle 8i-platform.
ITWeb het met Michael Marvin, voorsitter van die raad en mede-stigter van MapInfo, en Allan Ellis, stigterslid van Spatial Technologies - die plaaslike verspreider van die produk - gesels.
MapInfo, met sy hoofkantoor in New York, is in 1986 gestig en in 1994 genoteer. Die maatskappy het meer as 600 werknemers w^ereldwyd, met filiale in Kanada, Brittanje, Duitsland, Japan en Australi"e. Hy het 'n globale netwerk van kanaalvennote, en verpreidingskontakte in Europa, die Midde-Ooste en Afrika, waaronder Spatial Technologies in Rivonia, Suid-Afrika.
Marvin verduidelik wat agter MapInfo-produkte l^e. "Die GIS (geografiese inligtingstelsels)-bedryf volg eintlik op die CAD-bedryf, en met GIS word spesifieke kaarte verskaf. Ons het nie so begin nie - ons het met databasisse begin en die visualisering van data. Soos ons dit ontwikkel het, het ons deel van die GIS-bedryf geword, maar natuurlik was ons so effe stroomop in die veld."
"Vier kollegekinders" en Marvin self het MapInfo se kernbesigheid begin. Wat aanvanklik 'n kampusprojek was, s^e hy, het ontwikkel in 'n w^ereldwye besigheid wat 56 lande en 21 tale oorbrug.
Die sleutel tot sy groei is MapInfo se vennootskappe, s^e Marvin. "Ons het sterk bande met verkopers soos Oracle, Informix en IBM. Ek dink ons het 10 tot 12 belangrike inisiatiewe aan die gang met Oracle, oor die hele w^ereld. Baie daarvan behels korporatiewe navorsing en ontwikkeling, en om ons ruimekoppelvlak in hul tegnologie in te sluit."
Plaaslike betrokkenheid
"Die OVK is 'n baie groot, ho"e profiel kli"ent van ons," voeg Ellis by. Die funksionaliteit wat deur MapInfo-tegnologie moontlik gemaak word stel kiesers in staat om hul stemlokale op www.elections.org.za neer te pen. Dit het ook die verkiesingskantore tydens die registrasietydperk bedien. Soos Ellis verduidelik, kon alle verkiesingskantore hul afsetgebiede en stemlokale posisioneer, veranderings aan hul grense aanbring, ensomeer.
Buiten die OVK, bedien Spatial Technologies verskeie ander groot plaaslike maatskappye. FNB, Standard Bank, ABSA, MTN, Vodacom, Siemens, Alcatel en Motorola is 'n paar van die "vooraanstaande tegnologiespelers" wat van MapInfo gebruik maak.
Volgens Marvin is die telekommunikasiebedryf "`n groot markgeleentheid".
"Die kleinhandelmark bied ook geleenthede, en ons doen baie werk in die openbare sektor. Die toepassings in gesondheidsdienste, polisiedienste en maatskaplike dienste is daar - oral is ligging belangrik. Hulle is die nie-tradisionele gebruikers. Hulle is nie mense met grade in geografie nie - hulle is deskundiges op hul gebiede wat ligging moet gebruik om hul werk te doen, en hulle is die mense wat ons die meeste in belang stel om te bedien."
Volgens Ellis stel die plaaslike regering van KwaZulu-Natal belang in die produk en op nasionale vlak in Pretoria word ook groot belangstelling getoon.
Op pad vorentoe
Die volgende neiging is voorspelbaar, draadloos. Marvin s^e: "Ons sien dit as 'n manier waarop ons ons klante kan help wat handelsvermo"e oor draadlose toerusting verskaf, veral mobiele draadlose toerusting. Ons het reeds 'n hele aantal van die komponente gebou, en nou moet dit net by die relevante tegnologie gevoeg word."
"Om 'n goudstormloop-analogie te gebruik: ons grawe nie vir goud nie - ons gaan die skopgrawe verkoop."

