About
Subscribe
  • Home
  • /
  • Internet
  • /
  • Plaaslike dansmusiektalent oor Web na internasionale gehoor uitgesaai

Plaaslike dansmusiektalent oor Web na internasionale gehoor uitgesaai

Tracy Burrows
By Tracy Burrows, ITWeb contributor.
Johannesburg, 13 Dec 2000

Jhb.live.co.za het gister plaaslike dansmusiektalent aan 'n internasionale gehoor bekend gestel met die eerste regstreekse stroming van plaaslike platejoggies in Johannesburg.

Die geleentheid is as deel van die Cyber Summer Party at "206" by Louis Bothalaan 206, Johannesburg uitgesaai om plaaslike dansmusiektalent te vertoon en blootstelling te gee aan die relatief nuwe Jhblive webwerf, asook om die samesmelting van www.Jhblive.co.za en www.SweetSounds.co.za te vier.

Met vier top plaaslike platejoggies wat musiek regstreeks op die Net aangebied het, was die webuitsending so gewild dat die organiseerders hulle in ernstige bandwydtebeperkings vasgeloop het. Dale Immerman, stigter en direkteur van SweetSounds, s^e dit is nie noodwendig 'n slegte ding nie. "Dit het bewys watter belangstelling daar is."

Volgens Immerman is die geleentheid die begin van 'n deurlopende strategie om plaaslike talent uit te lig en internasionale kommunikasie in die dansmusiekbedryf aan te moedig. "Ons is alreeds besig met onderhandelings met die Britse puredm.com wat ons moontlik 'n gereelde tydgleuf sal gee om plaaslike SA talent te vertoon," s^e hy.

Jhblive is vier maande gelede bekend gestel as 'n lighartige forum oor Johannesburgse kultuur. Dit het kragte saamgesnoer met SweetSounds om 'n jeugkultuur-portaal te skep met nuus en resensies, web-musiekuitsendings, onderhoude en komiese vermaak. Die moontlikheid bestaan ook om die werf in die toekoms in staat te stel om e-handel te hanteer.

Share