AbouTravel.co.za, `n webwerf met reisnuus wat gerig is op die oordeelkundige sakereisiger, is opnuut bekend gestel met die implementering van `n nuwe uitgewersprogram wat deur Technews - `n uitgewer van tegniese elektroniese handelsmedia - ontwikkel is.
"Die grootste voordeel van die nuwe uitgewersprogram is dat ons die webwerf, indien nodig, met die minimum personeel op `n uurlikse basis kan onderhou en opdateer," s^e^ sy besturende redakteur, Geraldine Manson.
"Dit beteken dat ons nuus so vars kan wees soos ons dit wil h^e, terwyl dit steeds voorsiening maak om `n magdom material in argief te hou, sou dit benodig word. Technews het ons in staat gestel om met minder meer te doen en stywe spertye met die minste inspanning te haal. Die herbekendstelling beteken ook dat ons `n nuwe voorkoms met verskeie bykomende eienskappe kan aanbied," s^e sy.
Die webwerf se bykomende funksies sluit `n besprekingsprogram in wat gerugsteun word deur World Tour Operators (WTO), wat internasionale ekonomiese klas-vlugte na enige bestemming ter w^ereld vir minder as R4 000 waarborg.
Daar is ook `n "AbouTravel in Africa"-soekfunksie, wat dapper reisigers in staat stel om die perfekte bosbestemming enige plek in Afrika op te spoor. Hierdie diens word deur die Johannesburgse maatskappy, Ubuntu Travel, verskaf.
Die reisnuus-webwerf het met Global Choices saamgesnoer om `n program aan te bied om lojale lede van die AbouTravel.co.za-reisklub te beloon. Global Choices, met sy 16 reisvennote, bied vlugte, akkommodasie en motorhuur teen afslagpryse, asook reis-, mediese en binnelandse bystandsversekering.
AbouTravel.co.za is aan die begin van April bekend gestel. Dit voorsien inhoud aan `n groeiende aantal top reiswebtuistes, waaronder Hello SA en WTO. Die webwerf sal binnekort reisnuus op die VEZA CD-ROM verskaf wat hoofsaaklik deur die WNNR befonds is en internasionaal verkoop word. Na verwagting sal meer as eenmiljoen van hierdie Suid-Afrikaanse reisgidse w^reldwyd verkoop word.

