About
Subscribe

SA uitgewekenes genooi om 'voetsek` te besoek

By Basheera Khan, UK correspondent, ITWeb
Johannesburg, 04 Dec 2000

'n Britse webtuiste wat voorsien in die behoeftes van uitgeweke Suid-Afrikaners vier vandeesmaand sy eerste verjaardag. Die afgelope jaar het die webtuiste gegroei van 'n e-posdiens vir reisigers, tot 'n omvangryke inligtingsbron vir Suid-Afrikaners in Brittanje.

Voetsek! (www.voetsek.co.uk) is in November 1999 deur die gewese Kapenaar, Gary Baker, geskep. "Voetsek! is bedink nadat ek nogmaals 'n Suid-Afrikaanse aksent op pad werk toe in Londen gehoor het," s^e hy. "Ek wou nog altyd een of ander -besigheid op die been gebring het en het 'n hele paar begin (en gestaak!) voor Voetsek!

"Nadat ek weinig webtuistes kon opspoor wat die moeite werd was vir uitgeweke en reisende Suid-Afrikaners, het ek 'n basiese webtuiste op die been gebring om die te toets. Dit het gratis e-pos en boodskapborde, asook inligting oor sommige sosiale klubs in Brittanje bevat."

Die webtuiste is binne twee weke na domeinregistrasie bekend gestel en die bemarking het hoofsaaklik berus op promosionele e-pos wat na "enigeen vaagweg Suid-Afrikaans" gestuur is.

Toewyding aan die webtuiste

Baker het aanvanklik in sy vrye tyd aan die webtuiste gewerk, met drie vrywilligers wat bydraes gelewer het. Namate dit duidelik geword het dat meer toewyding nodig was, het Baker hom voltyds daarop begin toespits.

"Daar is nou twee van ons: ek en Liane Grimes, die webadministrateur, wat die dag-tot-dag opdatering en algemene navrae oor die webtuiste hanteer. Ek hanteer die tegniese en besigheidskant, en ons het 'n redelik groot groep mense wat alles wat ons doen gereeld beoordeel om te verseker on raak nie laks nie.

"Ons het nie vaste kantore nie, aangesien al die werk van tuiskantore af gedoen word en enige bykomende ontwerp of ander werk word deur vryskutwerkers gedoen. Dit beteken ons mors nie geld op onnodige kantoorspasie nie wat ons die buigsaamheid toelaat wat ons nodig het om kostes te bespaar. Tot dusver het dit uitstekend gewerk en toekomstige personeel sal heel moontlik ook op 'n deeltydse of vryskutbasis betrek word.

Lojale besoekers

Die webtuiste se onlangse ongeouditeerde statistiek toon net minder as 10 000 besoekers en 45 000 bladbesigtigings per maand. Baker s^e die verkeer het die afgelope vier maande drievoudig toegeneem, en noem Julie-syfers van 3 000 besoekers en 14 000 bladbesigtigings.

Op die oomblik staan registrasie op 'n relatiewe lae 1 000. "Gebruikerregistrasie is nie iets wat ons sterk bevorder het nie aangesien gratis e-pos al was wat ons aan geregistreerde gebruikers kon bied. Van aanstaande jaar af gaan ons voordele vir lede bekend stel wat 'n wye reeks afslag- en gratis aanbiedinge van sommige van ons vennote en adverteerders insluit."

Vennootskap met Europe

Hierdie vennote is in Brittanje en Europa gevestig. "Ons het oorspronklik twee aparte webtuistes vir Holland en Duitsland gehad wat ons nou in een enkele Europese webtuiste gekombineer het wat vir die hele Wes-Europa voorsiening maak. Dit stel ons in staat om baie meer inligting en tyd daaraan te bestee as wat voorheen moontlik was.

"Op die oomblik is dit redelik basies, maar sodra die Kersseisoen verby is, sal ons ons meer op daardie deel toespits om dit te verbeter. Ek sou graag 'n soortgelyke aanbieding op die Britse webtuiste wil sien, maar in hierdie stadium moniteer ons die terugvoering om te sien wat mense werklik wil h^e."

Vir nadere inligting, besoek www.voetsek.co.uk.

Share