Die w^ereld van vryskutwerk is moeilik. Ondanks ooglopende voordele soos buigsame tydsbestuur, die vryheid om volgens jou eie individuele pas en dryfkrag te werk, en in staat te wees om dit alles in jou slaapklere te doen, sukkel vryskutwerkers dikwels om werk te kry en in baie gevalle om uiteindelik hul betaling te kry.
Minder as 'n jaar gelede het Alan Ahlfeldt en Michael Kriess, veterane in die uitgewersbedryf, besluit om iets aan die saak te doen. Vandag is hul breinkind `n aanlyn-diens wat ten doel het om kreatiewe hulpbronne in aanraking te bring met die sakew^ereld.
FreelanceHR (www.freelancehr.com) is 'n menslike hulpbronsentrum vir vryskutwerkers en vir die ondernemings wat hulle in diens neem. Geregistreerde gebruikers betaal 'n jaarlikse fooi van R240 vir 'n selfbesturende webblad wat spesifieke inligting soos vaardighede, tariewe en kontakbesonderhede bevat.
Gebruikers van die diens het boonop ook die opsie van 'n e-pos- en Internet-inskakelrekening wat deur ZAnet verskaf word. Onlangse toevoegings tot die webtuiste is `n dagboekbestuurder, sodat kontrakteurs `n duidelike idee kan kry van vryskutwerkers se beskikbaarheid, en die opsie om `n aanlyn-portfolio te bou as `n toonkas van jou talente.
Dit is alles deel van die infrastruktuur wat Ahlfeldt hoop om te vestig om aan vryskutwerkers 'n plek te gee waar hulle hoort.
"Die uitdaging tot nou toe was dat daar 'n tekort aan organisasies of verenigings was wat uitsluitend vir vryskutwerkers voorsiening maak. Dit kan 'n nadelige effek op die vryskut-werketiek h^e."
Ahlfeldt hoop om dit te verander. Met die steun van sy moedermaatskappy, Cinergi Holdings, en gerugsteun deur die bevoegdhede van ander maatskappye in die groep, het FreelanceHR groot planne. Dit sluit in `n versekeringsmakelary, boekhouding-, regs- en selfs sielkundige dienste - sou hulle benodig word - asook `n toegewyde vryskutwerkplek.
Die maatskappy hoop om sy dienste oor ander gevestigde webtuistes te verskaf. Na wat berig word, is die maatskappy in gevorderde onderhandelinge met die gemeenskapswebtuiste 5net, `n uitvloeisel van die 5fm Radio-webtuiste, en daar is sprake van soortgelyke onderhandelinge met `n aantal portale.
Die maatskappy beplan om FreelanceHR uit te brei na Brittanje en Australi"e, en s^e die kritieke teiken vir SA sal bereik word met 10 000 registrasies. Sedert sy bekendstelling twee maande gelede het FreelanceHR 18 000 bladsy-indrukke van Amerika, Brittanje, Duitsland, Rusland, Swede, die Nederlande, Zimbabwe, Mosambiek, Qatar, Frankryk en Japan gelok.
'n Soortgelyke diens vir professionele mense, ProfWeb, word ook beplan.

