'n Glimlaggende Mark Hoffman, uitvoerende hoof van Commerce One, het ontleders en die pers Maandag by die eLink 2001-konferensie in Berlyn verwelkom met nuus oor verhoogde inkomste, die jongste inligting oor sy verreikende vennootskap met SAP, en verskeie ander groot transaksies.
Verlede jaar het die e-markspeler se bedrywe regoor 17 lande uitgebrei, sy klantebasis het van 65 tot 504 vermeerder, sy markplekke het toegeneem van 28 tot 141 (met 67 daarvan tans lewendig), en sy inkomste het die hoogte ingeskiet van $33.6 miljoen tot $401 miljoen teen die einde van 2000.
John Biestman, Commerce One se senior direkteur van beleggersverhoudinge, het kontantreserwes van $341 miljoen aan die einde van verlede jaar verklaar, en hy glo die maatskappy sal in die tweede kwartaal van vanjaar gelyk breek.
Hoffman is afwysend oor ontleders se voorspellings van streng konsolidasie in die e-markbedryf, en s^e hoewel daar 'n mate van markverskuiwing in daardie rigting is, glo hy daar sal teen die einde van die jaar duisende ruilverkeerondernemings w^ereldwyd in bedryf wees - en dat sommiges selfs 'n profyt sal maak.
Hoffman beskryf Commerce One se verbintenis met die hulpbronbeplanningsverkoper SAP as kritiek, en s^e die maatskappye het meegewerk aan die gesamentlike ontwikkeling van die verskaffingsketting se funksionaliteit vir verskeie Commerce One-produkaanbiedings.
Hulle het gesamentlike gaan-na-die-mark kanaalplanne ontwikkel, en vertoon vier nuwe kli"ente by eLink 2001. Maar, soos Hoffman erken, het die maatskappy skaars SAP se installeerbasis van sowat 15 000 klante geraak.
Hoewel hy sy niche in die veld van publieke e-markplekke uitgekap het, het Commerce One se strategie onlangs uitgebrei met 'n toenemende fokus op private e-markplekke waarin kli"ente wat sku is om sensitiewe inligting aanlyn te deel, eerder op hul eie klante en vennootskappe kan konsentreer. Enige komponent van die private markplek het die vermo"e om te ontwikkel en na die publieke markplek op te gradeer, wat die weg baan vir wat Hoffman glo die uiteindelike oogmerk van besigheid-tot-besigheid-handel is - e-markplek tot e-markplek.
Die maatskappy beplan ook om gevorderde besigheidsdienste aan sy klante bekend te stel wat verskaffingskettingbestuur, klanteverhoudingsbestuur, samewerking, finansi"ele dienste, veilingsvermo"e, en inhoudontwikkeling en -bestuur sal verenig en advies en hulp sal bied met kwessies soos belasting, geldeenhede en taalbeperkings.
Hier, s^e Hoffman, is waar Commerce One se oop argitektuurmodel kritiek is. "Ons moet met vennote saamwerk om in staat te wees om hierdie dienste aan te bied." Hierdie vennote sluit in Compaq, Microsoft, Accenture, PricewaterhouseCoopers, Stirling Commerce en GE GXS.

