'n Twis tussen die domeinnaamowerheid Uniforum, 'n filiaal van Core Holdings - wat op die Suid-Afrikaanse Effektebeurs genoteer is - en 'n nie-winsgewende webgasheerbesigheid, bekend as Kleva, het 'n verandering in eienaarskap van die yahoo.co.za-domein teweeg gebring.
Internet Strategies, die Core Holdings-filiaal, hou die eksklusiewe verteenwoordigingsregte van Yahoo! Incorporated in sub-Sahara Afrika, wat SA insluit. Dit dek alle Yahoo!-webtuistes, insluitend Geocities en Broadcast.com. Vir plaaslike en internasionale bemarking, reik die Yahoo!-netwerk regoor die hele Internet-demografie.
Volgens Uniforum-beleid wat teen die einde van 1998 ingestel is, moet domeineienaars 'n jaarlikse hernuwingsfooi van R50 betaal. Kennisgewings in die verband word deur middel van e-pos aan die domeineienaars gestuur.
Mark Floisand, uitvoerende hoof van Core Holdings, glo Uniform se outomatiese rugsteunstelsels kan geblameer word vir wat hy noem "`n administratiewe fout wat reggestel sal word". Floisand s^e Core het reeds 'n ontmoeting met Uniforum gehad en is vol vertroue dat die domein na Internet Strategies sal terugkeer.
Kevin Caine, bestuurder van die Kleva-organisasie, het die domein namens 'n nie-winsgewende organisasie bekend as Young Adults Helping Others Out (Yahoo) geregistreer. Die organisasie, wat homself van die meer bekende "Yahoo! Incorporated" onderskei, het tot nou toe `n basiese inligtingsdiens verskaf deur gebruik te maak van telefoon- en faksplatforms. Die onderneming bestaan sedert 1989 en help Round Table-, Lions-, Rotary-, Rotaract- en Interact-klubs, asook skole, welsyns- en gemeenskapsorganisasies om addisionele hulpbronne vir spesifieke opheffingsprojekte te verkry.
In 'n poging om die organisasie se dag-tot-dag-besigheid te versnel, is besluit om aanlyn te gaan. Maar, soos Caine s^e, die org-domein waarin Yahoo met reg behoort is reeds aan 'n private individu toegeken. "Dit behoort nie op co.za te wees nie, maar daar is geen ander keuse nie."
Tot nou toe is Yahoo as 'n subdomein van die kleva.org-webtuiste bedryf, maar Caine s^e toe die co.za-domein beskikbaar geraak het, het hy geen kans gewaag dat iemand anders dit voor hom kon bekom nie. Caine het die domein die oggend van Sondag, 25 Februarie geregistreer.
Maar hy wys daarop dat daar geen bedoeling was om Yahoo! se donder te steel nie; besoekers aan yahoo.co.za staar 'n groot Yahoo!-logo in die gesig, waardeur hulle kan kliek om tot by die portaal te kom wat hul bedoelde bestemming was.
Caine s^e hy is nog nie deur Core Holdings gekontak nie.
"Om eerlik te wees, as [Core Holdings] die domein wil terugh^e, kan ons nie bekostig om in 'n regsgeding betrokke te raak nie, so ons sal dit moet laat vaar. Ons sal beslis 'n vorm van kompensasie verwag, en ons sal van hulle verwag om 'n .org-domein vir Yahoo te organiseer om sy aanlyn-bedrywe voort te sit."
Calvin Browne, Uniforum se finansi"ele direkteur, s^e die organisasie is besig om die saak te ondersoek. "Die domeinnaam is geskrap volgens ons standaard-uitwissingsbeleid; dit was vir 'n drie-maande tydperk opgehef, toe geskrap en gepubliseer vir almal om te sien. Core Holdings ondersoek die moontlikheid of daar enige fout aan ons kant was in die opdatering van besonderhede. Dokumentasie word versamel, en ons het tot dusver nog niks verkeerd opgespoor nie.
"Ons het al ons inligting saamgegooi en ons glo dit was 'n wettige domeinuitwissing. Ons kan geen aanduiding sien dat hulle vir daardie domein betaal het nie, hoewel ons betaling van hulle ontvang het vir ander domeine. Ons wag vir hulle om hul inligting deur te gee."
Browne voeg by dat Uniforum 'n paar honderd domeinregistrasies per dag prosesseer, en erken die moontlikheid dat een kon deurgeglip het. Maar, vir die oomblik, s^e hy, is daar geen ooglopende foute nie.

