Stem oor Internet protokol bly onwettig, skole kry toegewing
Die regering sal 'n groot deel van Telkom se mededinger besit en die private verskaffing van stem oor Internet protokol bly onwettig, volgens die regering se konseptelekommunikasiebeleid wat Vrydag gepubliseer is. Die goeie nuus is: skole kry Internettoegang teen halfprys en nommerverplaasbaarheid sal in 2003 plaasvind.